Emara 27
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 4 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 09:00 - Adres: 45 Maree Street, Potchefstroom, 2521, Noordwes
- Vanaf R750 per nag (plek vir 4)
Beskrywing
Emara 27 is 'n lieflike selfsorgvakansiewoonstel in 'n veilige kompleks wat in die hartjie van Potchefstroom Sentraal geleë is. Dit is 'n wonderlike opsie vir óf 'n paartjie, 'n klein gesin óf 'n klein groepie vriende, want dit is stapafstand van die middedorp af.
Dié woonstel bied gerieflike slaapplek vir 4 gaste op 'n slag en beskik oor 'n slaapkamer met 'n en suite-badkamer. Die slaapkamer is ingerig met 'n dubbelbed en die badkamer is toegerus met 'n stort, wasbak en toilet. Alle linne en badhanddoeke word voorsien.
Die oopplan-leefarea beskik oor 'n kombuis wat volledig toegerus is met 'n stoof, oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware asook tee- en koffiemaakgeriewe. Van die kombuis af lei 'n knus sitkamer met 'n dubbelslaapbank en 'n platskerm-TV. Vir diegene wat bietjie werk wil kry, is 'n lessenaar en gratis WiFi beskikbaar.
Gaste kry veilige parkeerplek agter 'n afstandbeheerde hek op die perseel. Die ligging van hierdie eiendom is naby plaaslike winkels, restaurante, hospitale en besienswaardighede.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
Stort, Toilet
Leefarea
1 x Dubbelslaapbank
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.8/5
Jane Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 9
Op LekkeSlaap 1 jaar
Ligging
- 45 Maree Street, Potchefstroom, 2521, Noordwes
- Gaste dink Emara 27 het ’n uitstekende ligging
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 4 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 09:00 - Adres: 45 Maree Street, Potchefstroom, 2521, Noordwes
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang