Successfully reported
+51

Fairview Cottages

  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 4 Van Zyl Street, Clarens, 9707, Vrystaat
  • Vanaf R880 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Fairview Cottages bied gemaklike selfsorg-akkommodasie in die dorpie Clarens, stapafstand van verskeie winkels en restaurante af. Clarens is aan die voorheuwels van die Malutiberge - 3 bergreekse wat ouer as die Alpe is - geleë en is naby die Golden Gate Nasionale Park.

Die akkommodasie bestaan uit 4 lieflike selfsorg-kothuise: Garden View, Titanic View, Eagle's View en Mountain View. Al die eenhede het 'n dubbelbed, en suite-badkamer, 'n eetarea en 'n kombuisie wat toegerus is met 'n yskassie, mikrogolfoond, stoof en koffie- en teemaakgeriewe. Ander geriewe sluit 'n TV met sekere DStv-kanale en 'n DVD-speler met 'n verskeidenheid films. Elektriese komberse, beddegoed en badhanddoeke word voorsien. Buite is daar veilige parkeerplek beskikbaar vir gaste.

Clarens staan bekend as die "juweel van die Vrystaat" as gevolg van die natuurskoon. Die dorpie is in 'n natuur-beskermingsgebied geleë en bied lieflike staproetes na die spitse van die sandsteenberge, wat asemrowende uitsigte oor die dorp, Malutiberge en die golwende koring- en mielielande bied.

Die dorp is ook bekend vir sy kunsroete, verskeidenheid winkels, boetiek bierbrouery en restaurante. Die ou sandsteen geboue beklemtoon die historiese egtheid van die dorp. Clarens is die ideale wegbreekplek vir stadsjapies wat van Johannesburg, Bloemfontein en Durban af reis. Die stede is almal omtrent 300 km van Clarens af weg.

Fairview Cottages is ideaal geleë om die winkels, restaurante, kunsateljees, plaaslike kerke en staproetes te bereik. Die naaste restaurant is net 3 geboue van ons af en die spruit-wandelpaadjie begin skaars 40 m van ons voorhek af!

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Troeteldiere op versoek
Mooi uitsig

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 327 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.9
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.8
Veiligheid
4.8
Gaste se hoogtepunte
Willie P
Saam met lewensmaat
5.0
Rustige omgewing. Baie rustig. Sentraal geleë, loopafstand van alles.
Sep 2025
Colette S
5.0
Very good. They accommodated my dog and I was very grateful for that.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Aug 2025
Marinda R
5.0
Dankie vir 'n skoon en gerieflike eenheid met vriendelike gasheer en gasvrou. Ons het heerlik gebly. Die stoep wat uitkyk oor die berge is 'n absolute...
Sien meer
Aug 2025
Kayla P
Saam met lewensmaat
5.0
Good. The stay was very nice, the hosts were friendly and the eagle's view was stunning!
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Jul 2025
Dirk R
Saam met lewensmaat
5.0
Uitstekend. Fantastiese plek, goed geleë, skoon, ruim en baie netjies.
Mei 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Brenda Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 327

Op LekkeSlaap 11 jaar

Ligging

  • 4 Van Zyl Street, Clarens, 9707, Vrystaat
  • Gaste dink Fairview Cottages het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 880
per nag, vir 2 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 880
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R 880
per nag, vir 2 mense
Bespreek
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 4 Van Zyl Street, Clarens, 9707, Vrystaat
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA4baf7c3351c5652047c9914f7ed9478946e0e19f63d6cde6e87c38ea8643fda26f8dcfa47c8c1812d0225e62b14e17a2e1eb?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R880 per nag, vir 2 mense 327 5 1 5 4 Van Zyl Street Clarens 9707 Vrystaat 021 201 8901 14:00-21:00 10:00 -28.513350505681 28.419377906746
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang