Successfully reported
+19

Family Beach House in Gouritz

  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 13:00 tot 15:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 7 Kus Road, Gouritz, 6696, Wes-Kaap
  • Vanaf R2 230 per nag (plek vir 8)

Beskrywing

Family Beach House in Gouritz bied selfsorgverblyf in die klein kusdorpie, Gouritz. Die perseel is sowat 1,1 km vanaf die hoofstrand en rivier en is dus die ideale basis vanwaar hierdie deel van die Tuinroete verken kan word.

Dié vakansiehuis het slaapplek vir 8 gaste en beskik oor 4 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die tweede en derde kamers het elk 'n dubbelbed en die vierde kamer het 2 enkelbeddens. Die tweede, derde, en vierde kamers deel 'n tweede gesinsbadkamer met 'n stort en bad.

Die ruim oopplan-kombuis met 'n eetarea is met 'n yskas, vrieskas, mikrogolf, ooghoogte-oond, gasstoof en 'n etenstafel vir 10 toegerus. Die sitkamer het gemaklike banke en 'n mooi uitsig oor die see deur die 5 m-lange skuifdeure wat lei na die grasperk in die voortuin. Die kombuis lei na die agterste binnehof met braaigeriewe. Parkeerplek is agter die huis beskikbaar en dis maklik bereikbaar met geen trappe nie.

Die perseel is naby verskeie plekke wat perfek is vir visvang. Die dorp het 'n restaurant en 3 algemene handelaars. Gouritz is ook net 49 km vanaf Mosselbaai.

Kamer-opset

4 Slaapkamers 2 Badkamers, 1 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Dubbelbed

Stort, Toilet

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Badkamer

Stort, Bad, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
Volledige kombuis
Braai

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 42 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
5.0
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.9
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Irma V
Saam met lewensmaat
5.0
Baie lekker kuierhuis. Die huis is baie netjies. Die mooiste see-uitsig.
Aug 2025
Johannes Zacharias E
Saam met lewensmaat
5.0
Eenvoudig maar plek waar jou siel kan rus. Heerlik en ontspanne.
Aug 2025
Natasha K
Gesin met klein kinders
5.0
Verwagting oortref! Baie lekker gebly! Skottelhoedwasser en wasmasjien was 'n groot verrassing en kan ook adverteer word. Sal meer mense lok. Hekkie b...
Sien meer
Jul 2025
Rozelle D
Gesin met klein kinders
5.0
Soos huis weg van die huis, met alles wat jy nodig het. Ons het die tyd by Family Beach House vreeslik geniet.
Jul 2025
Sandrewnique F
5.0
Wonderlik. Dit was so skoon en ek love die open space, die huisbaas was wonderlik vriendelik. Het net WiFi nodig.
Jul 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.8/5

Rita Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 45

Op LekkeSlaap 5 jaar

Ligging

  • 7 Kus Road, Gouritz, 6696, Wes-Kaap
  • Gaste dink Family Beach House in Gouritz het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 2 230
per nag (plek vir 8)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 2 230
per nag (plek vir 8)
Vanaf
R 2 230
per nag (plek vir 8)
Bespreek
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 13:00 tot 15:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 7 Kus Road, Gouritz, 6696, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA77c9d40ca16f0701812dedda9da49a7ddd55e3e05386fac03e0115812b87a02314d78d0b4bb8cbe9049cd6a7f3fa254e3613?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 230 per nag (plek vir 8) 42 5 1 5 7 Kus Road Gouritz 6696 Wes-Kaap 021 201 8901 13:00-15:00 10:00 -34.356670271514 21.876030404322

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang