Successfully reported
+22

17 Fleur Park

Selfsorg
  • Kapasiteit: 5 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: No 17 Fleur Park, Faure Marine Drive, Gordon's Bay, 7130, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 700 per nag (plek vir 5)

Beskrywing

Fleur Park No 17 is deel van die Fleur Park Vakansieoord in die bekoorlike dorpie, Gordonsbaai. Dis reg langs Harbour Island en sy lekker Marina-atmosfeer geleë. Daar is 'n groot verskeidenheid restaurante teen die water by die Marina waarvan gaste kan kies en die goeie nuus is dat dit stapafstand van die kothuis af is.

Die eenheid het 2 slaapkamers en bied slaapplek vir 7 gaste. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed, die tweede het 'n tripelstapelbed en daar is 'n volledige badkamer met 'n bad en 'n stort. Die kombuis is volledig toegerus met alles wat jy kan nodig kry en die kombuis het ook 'n ontbythoekie. Die oopplan-leefarea het 'n strandstyl-sitkamer en -eetarea met 'n dubbelslaapbank vir 2 ekstra gaste.

Daar is 'n beskutte onderdakbraaiplek met sitplek vir 6 mense waar gaste op soel someraande kan ontspan. Bring asseblief jou eie braairooster en -toebehore saam. Die veranda bied 'n beeldskone uitsig oor die see.

Die rotse is die ideale visvangplek en is slegs 'n hanetreetjie van die kothuis af. Daar is 'n hele rits doendinge in die omgewing, alles net 'n paar minute se ry van Fleur Park af. Die eenheid is omtrent 20 meter van die strand af. Die middedorp is ook net 'n paar minute se ry daarvandaan. Ander geriewe in die omgewing sluit in: inkopies, gimnasium, geskenkwinkels, swemplekke en nog baie meer.

Kamer-opset

2 Slaapkamers 1 Leefarea 1 Badkamer

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Slaapkamer

3

1 x Tripelstapelbed

Leefarea

2

1 x Dubbelslaapbank

Badkamer

Stort, Bad, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
TV
Braai

Resensies

4.4/ 5

Gebaseer op 6 resensies

Baie goed

Netheid
4.0
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.0
Diens
4.2
Veiligheid
5.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.3/5

Brian Geverifieer

Eiendomme 7

Resensies 79

Op LekkeSlaap 9 jaar

Ligging

  • No 17 Fleur Park, Faure Marine Drive, Gordon's Bay, 7130, Wes-Kaap
  • Gaste dink 17 Fleur Park het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 1 700
per nag (plek vir 5)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 1 700
per nag (plek vir 5)
Vanaf
R 1 700
per nag (plek vir 5)
Bespreek
  • Kapasiteit: 5 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: No 17 Fleur Park, Faure Marine Drive, Gordon's Bay, 7130, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGVmNjE1MzE0LTMzMzYtNDIxYi1hZjQ1LTA1YzVjNTc1NmZkMQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 700 per nag (plek vir 5) 6 5 1 5 No 17 Fleur Park Faure Marine Drive 7130 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-17:00 11:00 -34.152321030473 18.860256075786

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang