Garden Cluster Home
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 09:00 - Adres: 26 High Road, Eastleigh, Edenvale, 1609, Gauteng
- Vanaf R1 650 per nag, vir 6 mense
Beskrywing
Garden Cluster Home is in Edenvale, 'n klein stad in die Oos-Rand, Gauteng geleë. Dit is die ideale plek vir gaste wat op soek is na 'n ontspanne wegbreek.
Die huis beskik oor 3 slaapkamers en 2 badkamers en bied slaapplek aan 6 gaste. Die hoofslaapkamer is ingerig met 'n koningingrootte-bed en het 'n en suite-badkamer met 'n bad en stort. Die tweede slaapkamer is ingerig met 'n dubbelbed en het 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die derde slaapkamer is ook ingerig met 'n dubbelbed en 'n gedeelde en suite-badkamer met 'n stort.
Die leefarea beskik oor 'n eetarea wat geskik is vir 6 mense en 'n sitkamer wat met gemaklike rusbanke en 'n TV gemeubileer is. Die kombuis is toegerus met 'n yskas-vrieskas, stoof, oond, wasmasjien, skottelgoedwasser en mikrogolfoond.
Die eenheid is troeteldiervriendelik, met ekstra kostes van toepassing. Een klein of medium hond word toegelaat. Ongelukkig word geen katte toegelaat nie.
Die eiendom word nie deur beurtkrag geraak nie. Gratis WiFi en braaigeriewe is beskikbaar. Die eiendom is naby Eastgate- en Greenstone-winkelsentrums geleë.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
Stort, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
5/5
Hilde Geverifieer
Eiendomme 2
Resensies 2
Op LekkeSlaap 1 jaar
Ligging
- 26 High Road, Eastleigh, Edenvale, 1609, Gauteng
- Gaste dink Garden Cluster Home het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 09:00 - Adres: 26 High Road, Eastleigh, Edenvale, 1609, Gauteng
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang