Successfully reported
+47

Goblin's Inn

Gastehuis
  • Kapasiteit: 14 persone
  • Geen kinders onder 10
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 7 Concorde Drive, Stompneusbaai, St. Helena Bay, 7390, Wes-Kaap
  • Vanaf R900 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Goblin's Inn is in die vissersdorpie St Helenabaai geleë, 'n hanetreetjie van Shelly Point, Golden Mile, Britaniabaai en net 'n paar huise van die bekende Goblin's Creek af, 2 minute se stap van die strand af, en 'n kort 20 km se ry vanaf Paternoster.

Die verblyf beskik oor 4 kamers op die eerste verdieping en 2 selfsorgwoonstelle op die grondvloer. Twee van die 4 kamers beskik oor koningingrootte-beddens en 2 het 'n koninggrootte-bed wat in 2 enkelbeddens omskep kan word. Al 4 kamers het 'n see-uitsig, gratis WiFi, 'n TV met 18 kanale, 'n yskas, 'n mikrogolfoond, skryftafel, tee- en koffiemaakgeriewe, 'n plafonwaaier en 'n sitarea.

Die selfsorg-eenhede op die grondvloer bestaan uit 'n 1-slaapkamer- en 'n 2-slaapkamerwoonstel waarvan die 1-slaapkamerwoonstel 'n volledig toegeruste kombuisie en 'n en suite-badkamer met slegs 'n bad het. Die tweeslaapkamerwoonstel beskik oor 'n sitkamer, volledig toegeruste kombuis met 'n tweeplaatstoof en 'n en suite-badkamer met stort.

Gaste op die perseel kan die gemeenskaplike braai-area op die groot terras bo of op die grondvloer geniet. Veilige onderdak parkeerplek van die straat af is beskikbaar aan die agterkant van die huis.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi

Resensies

3.6/ 5

Gebaseer op 55 resensies

Goed

Netheid
3.7
Ligging
3.7
Waarde vir geld
3.6
Diens
3.7
Veiligheid
3.8
Gaste se hoogtepunte
Alex K
5.0
Puik. Martie is altyd bereid om te help en is 'n gasvrou. Sal enige tyd daar kom bly. Dankie vir alles.
Des 2024
Molly S
Gesin met tieners
5.0
Such an enjoyable stay. Neat and tidy and such a nice location and close to various other beaches.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Des 2024
Rienette P
5.0
Mooi uitsig en rustig. Pragtige plek en baie mooi ingeruim. Daar is alles wat jy nodig het. Ontvangs was warm, vriendelik en behulpsaam.
Sep 2024
Andrea T
Saam met lewensmaat
5.0
Very friendly staff made us feel very welcome. This was our first visit to St Helena Bay. Our stay at Goblin's Inn was very comfortable...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Feb 2024
Vania S
Saam met lewensmaat
5.0
Picture perfect. Die plekkie was pragtig! Als wat mens nodig het. Mooiste uitsig, so 'n mens kan net ontspan.
Jan 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.1/5

Brett Geverifieer

Eiendomme 3

Resensies 159

Op LekkeSlaap 11 jaar

Ligging

  • 7 Concorde Drive, Stompneusbaai, St. Helena Bay, 7390, Wes-Kaap
  • Gaste dink Goblin's Inn het ’n goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 900
per nag, vir 2 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 900
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R 900
per nag, vir 2 mense
Bespreek
  • Kapasiteit: 14 persone
  • Geen kinders onder 10
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 7 Concorde Drive, Stompneusbaai, St. Helena Bay, 7390, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDc1MTQ0NjFmLThkNTYtNDhjNy05MDk1LWJiZWU5NzAzNjRjYw?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R900 per nag, vir 2 mense 55 5 1 4 7 Concorde Drive Stompneusbaai 7390 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-18:00 10:00 -32.722107 17.973572
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang