Successfully reported
+24

Goldwater On Beach

Selfsorg
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 105 Beach Road, Gordon's Bay, 7140, Wes-Kaap
  • Vanaf R3 180 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Goldwater On Beach is 'n helder en lugtige selfsorgvakansiewoonstel wat op die eerste verdieping van die Goldwater-gebou in die hartjie van Gordonsbaai geleë is. Dit is 'n ideale opsie vir 'n kuswegbreek aangesien hierdie woonstel lieflike see-uitsigte het.

Dié woonstel bied gerieflike slaapplek vir altesaam 6 gaste op 'n slag en beskik oor 3 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer is ingerig met 'n koninggrootte-bed en beskik oor 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens. 'n Stort-oor-bad is beskikbaar in die tweede badkamer.

Die leefarea beskik oor 'n kombuis wat volledig toegerus is met 'n stoof, oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware asook tee- en koffiemaakgeriewe. 'n Skottelgoedwasser en wasmasjien is beskikbaar. Vanuit hierdie kombuis lei 'n etenstafel waar gaste hul maaltye saam kan geniet. Die sitarea het gemaklike sitplek en 'n slim-TV. Toegang tot gratis WiFi is beskikbaar.

Hierdie leefarea maak oop op 'n balkon met buitemeubels wat 'n wonderlike plek is vir gaste om te ontspan en 'n skemerkelkie te geniet terwyl hulle die see-uitsigte bewonder. Die ligging van hierdie eiendom is stapafstand van baie winkels en bekende restaurante af.

Kamer-opset

3 Slaapkamers 2 Badkamers, 1 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koninggrootte-bed

Stort, Toilet

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Badkamer

Stort-oor-bad, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

WiFi
TV
Volledige kombuis
Wasmasjien
Stroomdienste

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.7/5

Juanita Geverifieer

Eiendomme 36

Resensies 127

Op LekkeSlaap 10 jaar

Ligging

  • 105 Beach Road, Gordon's Bay, 7140, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 3 180
per nag (plek vir 6)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 3 180
per nag (plek vir 6)
Vanaf
R 3 180
per nag (plek vir 6)
Bespreek
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 105 Beach Road, Gordon's Bay, 7140, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAdaf7f48dcdea500e42e796fdafff790462180ab833a8cd7759a0e80e6561a32532bd4c1ea67a99f932d943cb41c19f6458fc?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R3 180 per nag (plek vir 6) 105 Beach Road Gordon's Bay 7140 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -34.162162 18.865815

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang