Successfully reported
+37

Gousblom 6

  • Kapasiteit: 14 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 6 Gousblom Street, Dwarskersbos, Velddrif, 7365, Wes-Kaap
  • Vanaf R800 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Gousblom 6 bestaan uit 3 aparte eenhede in Dwarskersbos wat gesamentlik slaapplek aan 12 gaste kan bied. Die eenhede is slegs 100 m van die strand af.

Snoek is 'n gerieflike woonstel wat slaapplek aan 5 gaste (maksimum 4 volwassenes) bied. Die woonstel het 2 slaapkamers wat ’n badkamer met ’n stort deel. Die hoofslaapkamer het ’n dubbelbed en die tweede kamer het 2 enkelbeddens. Linne word voorsien, maar gaste moet asb. hul eie handdoeke saambring. Daar is ’n dubbelslaapbank in die sitarea.

Die oopplan-kombuis het ’n vierplaatstoof, mikrogolf, yskas, eetgerei, breekware, tee- en koffiemaakgeriewe en ’n etenstafel. Daar is ook gratis WiFi en 'n TV met Netflix. Braaigeriewe is ook beskikbaar.

Die eenheid het ’n semi -privaat braai-area, ’n binnehof en veilige parkeerplek is beskikbaar.

Galjoen is 'n gerieflike woonstel wat slaapplek aan 4 gaste bied. Die woonstel het 1 slaapkamer. Die badkamer beskik oor 'n bad en 'n stort. Die slaapkamer het ’n Koningingrootte bed en die woonvertrek het 2 enkelbeddens. Linne word voorsien, maar gaste moet asb. hul eie handdoeke saambring.

Die oopplan-kombuis het ’n vierplaatstoof, mikrogolf, yskas, eetgerei, breekware, tee- en koffiemaakgeriewe en ’n etenstafel. Daar is ook gratis WiFi en 'n TV met Netflix. Braaigeriewe is ook beskikbaar.

Harder is 'n gerieflike bachelor-woonstel wat slaapplek aan 4 gaste (maksimum 2 volwassenes) bied. Die bachelor beskik oor ’n badkamer met ’n stort. Daar is ’n dubbelbed en ’n dubbelslaapbank in die eenheid. Linne word voorsien, maar gaste moet asb. hul eie handdoeke saambring.

Die kombuis-gedeelte beskik oor mini-stoof, mikrogolf, yskas, eetgerei, breekware, tee- en koffiemaakgeriewe en ’n etenstafel. Daar is ook gratis WiFi en 'n TV met Netflix. Die eenheid beskik oor 'n binne-braai maar het ook buite ’n privaat braai-area.

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wassery naby

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 81 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.9
Waarde vir geld
4.6
Diens
4.6
Veiligheid
4.8
Gaste se hoogtepunte
Wilma V
Saam met vriende
5.0
Heerlike gebly. Genoeg warm komberse vir die koue gehad. Heerlik gebly. Ruim en skoon. Naby see. 167 trappe vanaf die hek tot in die see water. Sou ge...
Sien meer
Aug 2025
Lydia E
Saam met lewensmaat
5.0
Baie rustig, kan bietjie meer privaat wees, maar vir ons doel was dit fantasties. Baie lekker, naby strand en alles gerieflik.
Aug 2025
Sanel W
5.0
Lieflike verblyf, vriendelike mense en lekkerste weer. Ons het baie lekker gebly en sal vir seker weer gaan.
Mei 2025
Helen Jane L
Besigheidsreis
5.0
Spacious, spotless, and incredibly comfortable. This was a beautiful place to stay—spacious, spotless, and incredibly comfortable. The ...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Apr 2025
Helena W
Saam met lewensmaat
5.0
Goed. Die bed is baie sagter as waaraan ons gewoond is. Ons 'bure' het heeltyd TV gekyk wat ons uit die slaap gehou het, maar behalwe vir dit was die ...
Sien meer
Mrt 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.7/5

Hannaleen Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 81

Op LekkeSlaap 6 jaar

Ligging

  • 6 Gousblom Street, Dwarskersbos, Velddrif, 7365, Wes-Kaap
  • Gaste dink Gousblom 6 het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 800
per nag, vir 2 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 800
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R 800
per nag, vir 2 mense
Bespreek
  • Kapasiteit: 14 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 6 Gousblom Street, Dwarskersbos, Velddrif, 7365, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAezG4whWLMaUwVYaqES0v6rMEAMkHF4ygrMLOYM5oN3sqb6vBld?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R800 per nag, vir 2 mense 81 5 1 5 6 Gousblom Street Dwarskersbos 7365 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -32.697777212857 18.226808713968
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang