Grootfontein Farm Self Catering Rustic Cottage
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 2 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 8 Grootfontein Street, Albertinia, 6695, Wes-Kaap
- Vanaf R520 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Grootfontein Farm Self Catering Rustic Cottage op 'n plaas in Albertinia geleë. Dit is ideaal vir natuurliefhebbers wat die rus en vrede van 'n mooi plaas wil ervaar.
Die kothuis bied slaapplek aan 2 gaste. Dit het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en wasbak. Linne en badhanddoeke word voorsien.
Die kombuisie is met 'n yskassie, broodrooster, mikrogolf en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Die kothuis het ook 'n gemaklike rusbank. WiFi is beskikbaar. Die kombuis lei na buite waar daar 'n groot tuin met 'n stoep, braaigeriewe en 'n piekniektafel is.
Daar is ook 'n motorafdak en die kothuis het 'n pragtige uitsig oor die plaas en omliggende platteland. Daar is 2 damme en 'n natuurlike fontein op die perseel en gaste is welkom om daarheen te stap.
Die verblyf is oorkant die pad van die bekoorlike Albertinia Gholfbaan en bied 'n ideale ervaring vir gholfentoesiaste. Die historiese 9 putjie-gholfbaan is in 1929 gestig en is bekend vi rsy uitdagende sand en setperke. Die bekende Louis Oosthuizen kom ook gereeld na hierdie baan toe.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Toilet
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.5/5
Rachelle Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 21
Op LekkeSlaap 1 jaar
Ligging
- 8 Grootfontein Street, Albertinia, 6695, Wes-Kaap
- Gaste dink Grootfontein Farm Self Catering Rustic Cottage het ’n baie goeie ligging
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 2 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 8 Grootfontein Street, Albertinia, 6695, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang