Grootwater Game Lodge & Camping
- Kapasiteit: 20 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 12:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Off the R33, Grootwater Game Reserve, Ellisras, 0530, Limpopo
- Vanaf R600 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Grootwater Game Lodge & Camping is geleë in die bekende Waterberg-biosfeer en bied slaapplek vir tot 4 gaste. Die verblyf is ideaal vir verjaardagvieringe of funksies.
Die kraal bestaan uit 2 houthuisies wat elk 'n slaapkamer en 'n en suite-badkamer met 'n stort het. Die kamers is gemeubileer met 'n dubbelbed en 'n driekwartbed. 'n Buitestort en 'n ekstra toilet is ook beskikbaar vir gebruik, en 'n plek om tente op te slaan is op aanvraag beskikbaar.
Die kombuis is toegerus met 'n gasstoof, elektriese stoof, 'n mikrogolfoond, 'n yskas, eetgerei en breekware, sowel as potte en panne. Gaste kan ook ontspan in die aparte lapa wat 'n kroeg en 'n sitkamer het. 'n Bosveld-jacuzzi met koue water is ook beskikbaar vir gebruik.
Daar is 2 kampeerplekke beskikbaar wat elk 8 gaste kan akkommodeer. Die 2 kampeerplekke het hul eie ablusiegeriewe. Gaste het ook toegang tot 'n swembad om in af te koel.
Grootwater Game Lodge bied skouspelagtige sonsondergange. Wildritte kan vooraf bespreek word. Gaste kan ook gaan stap of fietsry op die sanderige plaaspaadjies. Daar is ook verskeie voëlspesies op die plaas en is perfek vir gaste wat daarvan hou om voëls te kyk.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.9/5
Monica Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 20
Op LekkeSlaap 7 jaar
Ligging
- Off the R33, Grootwater Game Reserve, Ellisras, 0530, Limpopo
- Gaste dink Grootwater Game Lodge & Camping het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 20 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 12:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Off the R33, Grootwater Game Reserve, Ellisras, 0530, Limpopo
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang