Successfully reported
+29

Guinea-fowl Guest House

Gastehuis
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 14 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: 44 Stockenstroom Street, Colesberg, Colesberg, 9795, Noord-Kaap
  • Vanaf R640 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Guinea-fowl Guest House word omring deur granietrotse en 'n groot sprokiestuin aan die verste ent van 'n baie stil doodloopstraat, ver van die rep en roer van die hoofstraat af.

Die 4 ruim slaapkamers het elkeen 'n privaat ingang en en-suite badkamer. 2 Kamers het elkeen slaapplek vir 4 gaste 2 kamers het elkeen slaapplek vir 3 gaste. Geriewe sluit die koffie- en teemaakgeriewe, yskassies, elektriese komberse, dakwaaiers en veilige parkeerplek op die perseel reg voor elke kamer in. Gaste kan TV kyk in die gastehuis se TV-kamer. Engelse en Kontinentale ontbyte word elke dag op versoek in die eetkamer bedien. Alhoewel die gastehuis nie selfsorggeriewe het nie, is daar 'n klein aparte kombuisie met 'n mikrogolfoond en toebehore waar gaste ligte etes kan voorberei. Daar is oorgenoeg gesellige plekkies in die tuin tussen die rotse waar gaste kan ontspan na 'n lang dag op die pad. Daar is braaigeriewe in die tuin, sowel as 'n onderdakbraai-area aan die oewer van die spruit.

Die gastehuis is op die oewer van Colesbergspruit geleë. Om hierdie rede en omdat die tuin so 'n lushof is, is dit 'n voëlkykparadys. Daar is 4 uitstekende restaurante net 'n kort entjie se stap van Guinea-fowl af en gaste kan gerus daar gaan aansit vir 'n heerlike middag- of aandete.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
Ontbyt beskikbaar

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 321 resensies

Uitstekend

Netheid
4.7
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.7
Diens
4.9
Veiligheid
4.7
Gaste se hoogtepunte
Etresia B
Saam met lewensmaat
5.0
Dis van nou af die plek waar ons gaan bly as ons in Colesberg oorslaap. Veilig, rustig, baie netjies en skoon, en baie gerieflik. Fantastiese kliënted...
Sien meer
Sep 2025
Johnny K
Saam met lewensmaat
5.0
Baie aangenaam. Baie lekker gewees, vriendelike diens, eienaar het 'n mens baie tuis laat voel. Ons het laat die aand aangekom en hy het vir ons koffi...
Sien meer
Aug 2025
Anton M
Saam met lewensmaat
5.0
Welcoming, comfortable - a great stay. Third time that we have stayed with Jan. Great as always. Breakfasts are excellent.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Aug 2025
Attie S
Saam met lewensmaat
5.0
Jan het ons baie tuis laat voel. Sal hom weer besoek. Die verblyf was baie gasvry en sal weer daar gaan bly.
Jul 2025
Gary H
Saam met lewensmaat
5.0
Baie lekker ontbyt gehad voordat ons vertrek het. Sal weer daar kom kuier. Het baie lekker gebly. Beddens het elektriese verwarmers op. Baie lekker in...
Sien meer
Jul 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.7/5

Jan Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 321

Op LekkeSlaap 11 jaar

Ligging

  • 44 Stockenstroom Street, Colesberg, Colesberg, 9795, Noord-Kaap
  • Gaste dink Guinea-fowl Guest House het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 640
per nag, vir 2 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 640
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R 640
per nag, vir 2 mense
Bespreek
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 14 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: 44 Stockenstroom Street, Colesberg, Colesberg, 9795, Noord-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDk2ZDdiMDAyLTRjNWEtNGRhOC1hNWFiLTA0YmFhNzY1OGFjNg?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R640 per nag, vir 2 mense 321 5 1 5 44 Stockenstroom Street Colesberg 9795 Noord-Kaap 021 201 8901 14:00-22:00 09:00 -30.723342820424 25.093888078365
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang