Successfully reported
+48

Happy Family Guest House

  • Kapasiteit: 10 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 15 Cliff Street, De Kelders, Gansbaai, 7220, Wes-Kaap
  • Vanaf R2 700 per nag (plek vir 10)

Beskrywing

Happy Family is 'n ruim selfsorg-gastehuis in Cliffstraat op die sogenaamde goue myl vir walviskyk in De Kelders. Die gastehuis is die ideale plek om te ontspan, lang ente langs die kus te gaan stap, pragtige sonsondergange te bewonder en lekker saam met familie te kuier. Happy Family Guest House is naby die ongerepte De Plaate-strand, Stanfordsbaai, die skilderagtige Klipgatroete en die grotte.

Die gastehuis bied slaapplek vir 10 gaste en het 4 slaapkamers. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed, lugversorging en 'n en suite-badkamer met 'n bad en stort. Dié kamer het skuifdeure met sekuriteitshortjies wat direkte toegang tot die terras bied. Die tweede slaapkamer met 'n see-aansig het 'n dubbelbed en direkte toegang tot die voorste terras. Hierdie kamer het toegang tot 'n badkamer met 'n toilet, stort en bad net oorkant die gang. Die derde kamer 'n dubbelbed en toegang tot 'n badkamer langsaan die kamer met 'n stort en bad. Die vierde slaapkamer is 'n ruim ateljee met 2 enkelbeddens, 'n slaapbank, 'n pooltafel en 'n en suite-stort. Die kamer het direkte toegang tot die agterplaas en klimraam.

Die kombuis, eetarea en leefarea is oopplan. Die kombuis is volledig toegerus vir selfsorg en daar is 'n groot eetkamertafel met bankies in die eetkamer. Die sitkamer is in die middel van die huis en dit is ingerig met 'n gemaklike rusbank en 'n platskerm-TV met DStv Premium en 'n DVD-speler. WiFi is oral in die huis beskikbaar.

Die sitkamer het skuifdeure wat na 'n terras en klein tuintjie met pragtige uitsigte lei. Daar is braaigeriewe, 'n klimraam vir kinders en ook parkeerplek op die perseel.

Die huis word daagliks skoongemaak. Ontbyt is op versoek en teen 'n ekstra koste beskikbaar.

Kamer-opset

4 Slaapkamers 3 Badkamers

Slaapkamer

2

1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer

2

1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer

2

1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer

4

2 x Enkelbed / Driekwartbed

1 x Dubbelslaapbank

Badkamer

Stort-oor-bad, Bad, Toilet

Badkamer

Stort, Bad, Toilet

Badkamer

Stort, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Troeteldiere op versoek
TV
Lugversorging
Volledige kombuis
DStv
Braai

Resensies

4.5/ 5

Gebaseer op 44 resensies

Uitstekend

Netheid
4.3
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.5
Diens
4.5
Veiligheid
4.8
Gaste se hoogtepunte
Michelle S
Saam met vriende
5.0
Marvellous. I would like to give a thanks to our housekeeper who was friendly to us and very accommodating. The house was clean and eve...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Okt 2025
Merisch K
Saam met vriende
5.0
Amazing stay. It was one of the nicest places I have ever stayed. Right by the ocean with unobstructed views. We saw the whales right f...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Sep 2025
Crystal H
Saam met vriende
5.0
Stunning location. Not enough towels or toilet paper, no soap in bathrooms.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sep 2025
Maretha D
Gesin met tieners
5.0
Lieflike, pragtige, rustige vakansie. Baie lekker gebly. Dis 'n ruim huis, en niemand was in mekaar se spasie nie. Die kinders het die pooltafel die m...
Sien meer
Apr 2025
Mourood H
Gesin met tieners
5.0
Amazing experience. It was amazing. Nothing that I expected it to be. Will definitely consider going back.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Apr 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.5/5

Thelma Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 75

Op LekkeSlaap 8 jaar

Ligging

  • 15 Cliff Street, De Kelders, Gansbaai, 7220, Wes-Kaap
  • Gaste dink Happy Family Guest House het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 2 700
per nag (plek vir 10)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 2 700
per nag (plek vir 10)
Vanaf
R 2 700
per nag (plek vir 10)
Bespreek
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 15 Cliff Street, De Kelders, Gansbaai, 7220, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDNiYmQxYzc1LWYyNjktNDAxYS04MTY2LTZmYzI1OWE2MzYzNw?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 700 per nag (plek vir 10) 44 5 1 5 15 Cliff Street De Kelders 7220 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -34.550984 19.3716839

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang