Happy Feet
- Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
- 
            
            
                Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
 Uitkloktyd: 10:00
- Adres: 85 Dassen Island Drive, Yzerfontein, 7351, Wes-Kaap
- Vanaf R3 500 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
            Happy Feet is 'n dubbelverdieping-selfsorghuis in die kusdorpie Yzerfontein. Die huis is geleë in Pearl Bay en is loopafstand vanaf die see.
Dié ruim huis bied gerieflike verblyf aan 6 gaste en beskik oor 3 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en en suite-badkamer met 'n stort en hoekbad, en bied toegang tot 'n beskutte balkon. Die tweede slaapkamer het 'n koninggrootte-bed en die derde slaapkamer het 'n dubbelbed. Gaste in hierdie slaapkamers deel 'n volledige badkamer. Elke slaapkamer het 'n see-uitsig en skuifdeure wat na buite lei. Daar is ook 'n derde badkamer met 'n toilet en wasbak. 
Die huis het ook 'n oopplan-kombuis, -eetarea en -leefarea met 'n binnebraai op die boonste verdieping. Daar is 'n Lapa met braaigeriewe wat aan 'n groen strook grens. Die kombuis is volledig toegerus met 'n yskas, mikrogolfoond, gasstoof, oond, eetgerei en breekware. Die ruim leefarea lei na 'n houtdek met 180º-uitsigte oor die see, vanwaar gaste die gewilde Weskus-sonsondergange kan geniet. 'n TV met  DStv, is beskikbaar in die sitkamer.
Happy Feet is 'n gerieflike vakansiehuis, gemik op die gesin wat loopafstand vanaf die strand wil wees. Daar is verskillende houtdekke met see- en berg-uitsigte, en die huis verskaf 'n ontspanne atmosfeer, met alle moderne geriewe byderhand.
        
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Slaapkamer
1 x Koninggrootte-bed
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.9/5
Francois Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 15
Op LekkeSlaap 8 jaar
Ligging
- 85 Dassen Island Drive, Yzerfontein, 7351, Wes-Kaap
- Gaste dink Happy Feet het ’n uitstekende ligging
- Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
- 
                                
                                    
                                
                                
                                    Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
 Uitkloktyd: 10:00
- Adres: 85 Dassen Island Drive, Yzerfontein, 7351, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang