Heritage View Birding Retreat
- Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: N14, Heritage View Birding Retreat, Delareyville, 2770, Noordwes
- Vanaf R1 100 per nag (plek vir 3)
Beskrywing
🐦 Heritage View Birding Retreat – Barberspan
Heritage View Birding Retreat is ’n rustige toevlug op die oewer van die pragtige Barberspan, ’n internasionaal erkende Ramsar-vleiland in Noordwes. Die ligging bied asemrowende uitsigte, ’n oorvloed voëllewe en ’n stil atmosfeer wat ideaal is vir natuur- en voëlliefhebbers.
Die verblyf bestaan uit twee stylvolle eenhede wat elk ’n privaat stoep en uitsig oor die natuur het:
🦅 Osprey – Volledige selfsorgeenheid
Osprey is ’n ruim eenheid met een slaapkamer en ’n en suite-badkamer met ’n stort. Die oopplan-sitkamer en volledig toegeruste kombuis is ideaal vir gaste wat self wil voorsien. Die stoep kyk uit oor die tuin en Barberspan – perfek vir oggendkoffie of sonsondergang-uitsigte.
Geriewe:
Volledig toegeruste kombuis met yskas, mikrogolf, ketel, Airfryer en Induksieplaat.
Sitkamer met gemaklike sitplek en eethoekie
En suite-badkamer (stort)
Privaat stoep
Gratis WiFi en veilige parkering
🐟 Fish Eagle – Kamer met koffiestasie
Fish Eagle is ’n netjiese eenheid met ’n slaapkamer, en suite-badkamer met 'n bad en ’n aparte studeerkamer – ideaal vir gaste wat rustig wil lees of werk. Die kamer beskik oor ’n koffiestasie met ketel,mikrogolf en yskas vir ligte etes en drankies. ’n Privaat stoep maak voorsiening vir ontspanning met uitsigte oor die tuin.
Geriewe:
En suite-badkamer (bad)
Koffiestasie met mikrogolf en yskas
Aparte studeerkamer
Privaat stoep
Gratis WiFi en veilige parkering
’n Gemeenskaplike deur verbind die twee eenhede en kan oopgemaak word vir gesinne of vriende wat saam reis.
Heritage View Birding Retreat is sowat 100 m van die water en voëlskuiling af geleë, waar meer as 350 voëlspesies al waargeneem is – van visarende en bleshoenders tot lepelaars en flaminke.
Die verblyf is maklik bereikbaar vanaf Delareyville en Sannieshof ongeveer 23km op die N14, en is die perfekte oorstopplek vir reisigers op pad na die Kgalagadi, Namibië of die Weskus.
🌿 Hoogtepunte:
Pragtige uitsig oor Barberspan
Stil, veilige ligging
Uitstekende voëlkykgeleenthede
Gerieflike verblyf met privaat stoepe
Gratis WiFi en veilige parkering
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
5/5
Melanie Nuut op LekkeSlaap!
Eiendomme 1
Resensies 9
Op LekkeSlaap 9 maande
Ligging
- N14, Heritage View Birding Retreat, Delareyville, 2770, Noordwes
- Gaste dink Heritage View Birding Retreat het ’n uitstekende ligging
- Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: N14, Heritage View Birding Retreat, Delareyville, 2770, Noordwes
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang