Successfully reported
+70

Ikibiki

  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 14 Brand Street, Beaufort West, 6970, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 600 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Ikibiki is ‘n selfsorg-eenheid in Beaufort-Wes, wat die oudste en grootste dorp in die Groot-Karoo is.

Die eenheid bied 'n batterystelsel wat die ligte en WiFi tydens beurtkrag aan sal hou.

Dié eenheid het slaapplek vir 6 en beskik oor 3 kamers, 2 badkamers en ‘n oopplan-kombuis en -leefarea. Die eerste kamer het ‘n koningingrootte-bed, die tweede kamer het 2 enkelbeddens en die derde kamer het ook ‘n koningingrootte-bed. Daar is ook elektriese komberse en ekstra komberse.

Die kombuis is toegerus met ‘n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolf, eetgerei en breekware. Daar is ook ‘n toonbank met stoele. Die eetarea het sitplek vir 4 en die sitarea het ‘n gemaklike sitkamerstel en ‘n platskerm-TV met DStv. Die sitkamer het ook 'n kaggel vir die koue wintersaande.

Daar is 'n sekuriteitskamera op die voorstoep wat wys na die hek vir voertuie wat voor moet parkeer.

Die eenheid lei na ‘n onderdakstoep. Die stoep bied ‘n uitsig oor die beskutte tuin met ‘n piekniektafel, stoele, braaigeriewe en speelarea vir kinders met klimraam en trampolien.

Beaufort-Wes se trekpleisters sluit die Beaufort-Wes Museum, Christian Barnard Museum, donkiekartoere en die Karoo Nuweveld 4x4-roete in. Bergplaats Wildreservaat is naby en sluit wildkyk, perdry en bergfietsroetes in.

Kamer-opset

3 Slaapkamers 2 Badkamers, 1 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koningingrootte-bed

Bad, Toilet

Slaapkamer

2

1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Badkamer

Stort, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
TV
Lugversorging
Verwarmer
Volledige kombuis
Wasmasjien
DStv
Kaggel
Braai
Vuurmaakhout
Voorsiening vir beurtkrag

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 47 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.9
Diens
5.0
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Alfrida B
Gesin met klein kinders
5.0
Fantasties. Ikibiki was 'n verskriklike mooi huis, wat ver bo ons verwagting gestrek het. Dit is vriendelik vir die kinders, met 'n speelarea, veilige...
Sien meer
Aug 2025
Marco R
5.0
Cool place. Very cool place for a stopover.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Apr 2025
Nantus S
Saam met vriende
5.0
Sal enige tyd weer daar oorbly. Heerlik! Skoon en gerieflik.
Apr 2025
Roseline S
Gesin met tieners
5.0
Wow! Baie lekker. Baie lekker. Skoon en veilig.
Apr 2025
Rudi M
5.0
Uitstekende en pragtige oornagplek. Ons was 'n groep van 5 volwassenes oppad terug van die Kaap af en Ikibiki was ons plek om te oornag af Kaap toe en...
Sien meer
Mrt 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.9/5

Ilse Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 75

Op LekkeSlaap 5 jaar

Ligging

  • 14 Brand Street, Beaufort West, 6970, Wes-Kaap
  • Gaste dink Ikibiki het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 1 600
per nag (plek vir 6)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 1 600
per nag (plek vir 6)
Vanaf
R 1 600
per nag (plek vir 6)
Bespreek
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 14 Brand Street, Beaufort West, 6970, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA7842d1903ce79de7591906cdf0472b9a10c180f604100ca79729cd0e6fa33d7356fd5a4aae7c98311bd9717c23e327719759?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 600 per nag (plek vir 6) 47 5 1 5 14 Brand Street Beaufort West 6970 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-23:00 10:00 -32.352041397363 22.586763565467
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang