Successfully reported
+38

Ingwe 237

  • Kapasiteit: 7 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Mabalingwe Nature Reserve, R516, Bela-Bela, 0480, Limpopo
  • Vanaf R2 900 per nag (plek vir 7)

Beskrywing

Ingwe 237 is 'n pragtige selfsorg-eenheid wat op 'n koppie in die hartjie van die Mabalingwe Natuurreservaat geleë is en bied asemrowende sonsondergange en 'n pragtige uitsig oor die bosveld.

Dié dubbelverdiepinghuis kan tot 7 gaste op 'n slag akkommodeer en beskik oor 2 en suite-slaapkamers, 'n solderkamer asook 2 ekstra badkamers. Die 2 slaapkamers is ingerig met 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, dubbelwasbak en 'n toilet. Die solderkamer het 3 enkelbeddens en kan gebruik maak van die 2 ekstra badkamers wat bad- en stortgeriewe bied. Alle linne en badhanddoeke word voorsien, maar gaste moet hul eie swemhanddoeke saambring.

Die hoofleefarea met lugversorging beskik oor 'n kombuis, eetarea en 'n sitkamer. Die kombuis is volledig toegerus met elektriese stoof en oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware asook 'n ontbyttoonbank met stoele. 'n Skottelgoedwasser is ook beskikbaar. Van die kombuis af lei 'n etenstafel met sitplek vir 8 waar gaste hul maaltye saam kan geniet.

Die sitkamer het gemaklike sitplek en 'n TV met 'n volledige keuse van TV-kanale. Deur die stapeldeure van die sitkamer is 'n groot houtdek met 'n swembad wat spog met panoramiese uitsigte oor die reservaat. Dié eiendom beskik oor 'n lieflike boma-area met braaigeriewe, asook 'n watergat waar 'n verskeidenheid wild vanaf die dek besigtig kan word.

Kamer-opset

3 Slaapkamers 4 Badkamers, 2 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koningingrootte-bed

Stort, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koningingrootte-bed

Stort, Toilet

Slaapkamer

3

3 x Enkelbed / Driekwartbed

Badkamer

Stort, Toilet

Badkamer

Bad, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad
TV
Lugversorging
DStv
Braai

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 44 resensies

Uitstekend

Netheid
4.7
Ligging
4.9
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.7
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Kirsty B
Gesin met tieners
5.0
Amazing, peaceful and restorative. Beautiful home with stunning views and plenty of animals roaming around. Very clean and plenty of ba...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Aug 2025
Kathryn M
Gesin met tieners
5.0
Wonderful and peaceful. We loved it. Beautiful location. Peaceful and amazing views.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Aug 2025
Mareda B
5.0
Fantastiese kuier gewees! Perfek uitgerus, die huis is modern en skoon, en alles wat nodig is, is daar!
Aug 2025
Kirby S
5.0
A very enjoyable and relaxing stay. We thoroughly enjoyed our stay at Ingwe 237. It was exactly what my wife, my son (who was visiting ...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Jul 2025
Juliet H
Gesin met klein kinders
5.0
Loved every minute. It was so lovely and the house was so comfortable with the most beautiful views. The buck, birds and bush pigs visi...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Jul 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Werner Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 44

Op LekkeSlaap 3 jaar

Ligging

  • Mabalingwe Nature Reserve, R516, Bela-Bela, 0480, Limpopo
  • Gaste dink Ingwe 237 het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 2 900
per nag (plek vir 7)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 2 900
per nag (plek vir 7)
Vanaf
R 2 900
per nag (plek vir 7)
Bespreek
  • Kapasiteit: 7 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Mabalingwe Nature Reserve, R516, Bela-Bela, 0480, Limpopo
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAc3602c457d4ff79bf969ded504cf9612412bede50abf496b815ddb50b61b803007efa011f1ff54f5f058c5ebd1a8327dc6ef?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 900 per nag (plek vir 7) 44 5 1 5 Mabalingwe Nature Reserve R516 0480 Limpopo 021 201 8901 14:00-20:00 09:00 -24.815991095746 28.060531786876
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang