Island View F5
- Kapasiteit: 4 persone
- Geen kinders onder 4
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 1 Visvanger road, Melkbosstrand, 7441, Wes-Kaap
- Vanaf R1 300 per nag, vir 4 mense
Beskrywing
Island View F5 is in die kusdorpie Melkbosstrand geleë en bied gerieflike selfsorgverblyf in 'n tweeslaapkamerwoonstel. Alhoewel see-uitsigte nie vanaf die eenheid beskikbaar is nie, is die strand net 100 m weg. Neem asseblief kennis dat rook nie in die eenheid toegelaat word nie.
Die woonstel het slaapplek vir 4 volwassenes. Die eenheid is op die eerste verdieping (geen hysbak nie). Die slaapkamers is elkeen ingerig met 'n dubbelbed. Die badkamer is toegerus met 'n bad en 'n stort, en die hoofslaapkamer het ook 'n en suite-badkamer met 'n stort en wasbak. Linne en handdoeke word voorsien.
Die kombuis is toegerus met 'n skottelgoedwasser, wasmasjien, tuimeldroër, stoof, mikrogolf, en eetgerei en breekware. Daar is 'n TV met volledige DStv in die sitarea, en buitebraaigeriewe. Houtskoolvure word toegelaat. Gratis WiFi is beskikbaar.
Gaste het toegang tot veilige parkeerplek in die kompleks vir 1 voertuig. Ons is jammer, troeteldiere word nie toegelaat nie.
Melkbosstrand is aan die Weskus geleë, 26 km vanaf Kaapstad se middestad. Melkbosstrand het pragtige strande wat ure se asemrowende staptogte bied met uitsigte oor Tafelberg en Robbeneiland.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
Stort
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.7/5
Heloise Geverifieer
Eiendomme 7
Resensies 269
Op LekkeSlaap 13 jaar
Ligging
- 1 Visvanger road, Melkbosstrand, 7441, Wes-Kaap
- Gaste dink Island View F5 het ’n baie goeie ligging
- Kapasiteit: 4 persone
- Geen kinders onder 4
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 1 Visvanger road, Melkbosstrand, 7441, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang