Successfully reported
+11

Karoo Inn

Gastehuis
Spesiale Aanbod 15% af

Kry 15% af. Geldig vir verblyf vanaf 13 Okt 2025 tot 31 Okt 2025.

  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: 4 Waterkant Street, Hopetown, 8750, Noord-Kaap
  • Vanaf R890 R757 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Karoo Inn is 'n unieke nuwe gastehuis in Hopetown, 'n klein dorpie in die Noord-Kaap teen die Oranjerivier, net langs die N12-hoofweg. Hier sal jy eenvoud, gemak en die natuur ervaar, en dit is dié plek waar jy jou siel en gemoed heel kan maak.

Karoo Inn bied verfrissende verblyf vir reisigers al is dit net vir 'n aand as 'n halfwegstop tussen Kaapstad en Johannesburg, 'n paar dae om die omliggende historiese besienswaardighede van die Anglo-Boereoorlog te besoek, of vir besigheid.

Verblyf word in 2 en suite-dubbelgastekamers aangebied wat elk met DStv, lugversorging, tee- en koffiemaakgeriewe, 'n yskassie, ketel en 'n mikrogolf ingerig is. Al die nodige linne en handdoeke word voorsien. Die kamers word daagliks skoongemaak indien jy langer as 'n aand by ons vertoef.

Veilige parkeerplek word voorsien en daar is elektriese heinings om die perseel. Daar is 'n gemeenskaplike braai-area waar jy 'n Karoo-sonsondergang kan geniet en die skoonheid van die helder sterrehemel kan waardeer.

Karoo Inn word deur die eienaars, James en Eve bestuur wat vir die gasvryheidsbedryf uitgeknip is. By Karoo Inn sal jy weer met die stilte van die natuur kan herenig – die klank van die wind wat deur die bome waai, uile wat in die aand gesels, die diere wat vanuit die veld roep en die helder en prentjiemooi naghemel.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wassery naby
Wasgoeddiens

Resensies

4.4/ 5

Gebaseer op 99 resensies

Baie goed

Netheid
4.7
Ligging
4.2
Waarde vir geld
4.4
Diens
4.5
Veiligheid
4.7
Gaste se hoogtepunte
Anna-marie M
Saam met lewensmaat
5.0
Verblyf voldoende vir oornag rit van George na Klerksdorp. Goed ingelig voor aankoms. Vriendelik gegroet met aankoms. Kamer skoon en netjies met veili...
Sien meer
Sep 2025
Andries V
Besigheidsreis
5.0
Baie lekker, sal enige tyd weer daar oorslaap! Baie lekker oorgeslaap, kamer is baie netjies!
Aug 2025
Justus P
5.0
Unieke plekkie, perfek vir oorslaap op 'n lang reis. Karoo Inn is 'n oulike plek, perfek vir oorslaap op 'n lang reis. Dis ver genoeg van die N12 af d...
Sien meer
Aug 2025
Charlene For J
5.0
N gemaklike plek om oor te slaap op n lang reis. Ja, dankie, ek het lekker gebly.
Mei 2025
Johann H
Saam met lewensmaat
5.0
Puik oornag verblyf. Heerlike slaapplek. Veilig en so netjies. Het rustig geslaap.
Mei 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.5/5

Eve Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 99

Op LekkeSlaap 8 jaar

Ligging

  • 4 Waterkant Street, Hopetown, 8750, Noord-Kaap
  • Gaste dink Karoo Inn het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R890
R 890 R 757
per nag, vir 2 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf R890
R 890 R 757
per nag, vir 2 mense
Vanaf R890
R 890 R 757
per nag, vir 2 mense
Bespreek
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: 4 Waterkant Street, Hopetown, 8750, Noord-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGU3YWE3ZWRiLTRlMzUtNGRiNi1hZDE4LWJkMTNkYWM3Y2U1Zg?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R890 nouVanaf R757 per nag, vir 2 mense 99 5 1 5 4 Waterkant Street Hopetown 8750 Noord-Kaap 021 201 8901 15:00-20:00 09:00 -29.622840411617 24.082021543501
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang