Successfully reported
+17

Kusweg Wegbreek

  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 399 Beach Road, Tergniet, Klein Brak River, 6503, Wes-Kaap
  • Vanaf R2 500 per nag (plek vir 8)

Beskrywing

Kusweg Wegbreek is in die hartjie van die wêreldbekende Tuinroete geleë. Die eenheid is geleë op die strandfront van Tergniet, tussen Groot-Brakrivier en Mosselbaai. Die hele area is toeristevriendelik en daar is baie besienswaardighede in die area. Daar is 'n getypoel vir kinders op die strand reg voor die huis. Dit is 'n lieflike plat strand met koraalrotse wat dit baie veilig maak vir kinders.

Die verblyf is op die grondvloer en die strandhuis is volledig gemeubileer. Dit is regdeur die jaar beskikbaar om te huur en kan gemaklik 8 gaste akkommodeer.

Die eenheid beskik oor 2 slaapkamers en 1 badkamer. Elke slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n stapelbed of 2 enkelbeddens en die badkamer is toegerus met 'n stort, 'n wasbak en 'n toilet. Badhanddoeke word voorsien, maar gaste moet hul eie strandhanddoeke saambring.

Die leefarea is oopplan en die kombuis het 'n yskas, 'n mikrogolfoond, gasstoof, elektriese oond, breekware en eetgerei. Die sitkamer het 'n gemaklike rusbank en 'n TV met volledige DStv-kanale. Wi-Fi is beskikbaar.

Hierdie eenheid het oorgenoeg parkeerplek voor en langs die huis.

Kamer-opset

2 Slaapkamers 1 Badkamer

Slaapkamer

4

1 x Koningingrootte-bed

1 x Stapelbed

Slaapkamer

4

1 x Dubbelbed

1 x Stapelbed

Badkamer

Stort, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
TV
DStv
Braai

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 61 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
5.0
Waarde vir geld
4.9
Diens
5.0
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Ruben D
Gesin met klein kinders
5.0
Uitsigte, vars seelug, gerieflik. Ons het baie lekker gebly. Die gasheer en gasvrou was vriendelik en het vroeg uitgereik om te vra hoe hulle die kame...
Sien meer
Jul 2025
Carla N
Gesin met klein kinders
5.0
Beste ligging! Lieflik! Baie dankie oom Dirk, ons kom kuier beslis weer.
Apr 2025
Derrick M
Saam met lewensmaat
5.0
Heerlik! Skoon en netjies. Goed toegerus. Stunning uitsig vanaf die sitkamer en stoep! Dirk-hulle het uit hulle pad gegaan om vir ons te akkommodeer. ...
Sien meer
Apr 2025
Nalene N
5.0
Asemrowend en heerlik! Ons het heerlik gebly! Dit is rustig, skoon, netjies en ons gashere is altyd behulpsaam en vriendelik! Baie dankie vir 'n heerl...
Sien meer
Apr 2025
Veronica S
Saam met lewensmaat
5.0
Fantastiese verblyf. Die huis het die mooiste see-uitsig en is volledig toegerus. Die gasheer is baie vriendelik en behulpsaam. Ons het baie lekker ge...
Sien meer
Mrt 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Dirk Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 61

Op LekkeSlaap 8 jaar

Ligging

  • 399 Beach Road, Tergniet, Klein Brak River, 6503, Wes-Kaap
  • Gaste dink Kusweg Wegbreek het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 2 500
per nag (plek vir 8)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 2 500
per nag (plek vir 8)
Vanaf
R 2 500
per nag (plek vir 8)
Bespreek
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 399 Beach Road, Tergniet, Klein Brak River, 6503, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA74176e034bff86ca9f22684b4aec4d0dbabbbbce704f6d546ab380cf29536efd8bc0906cd43a24bd3487569af00b2a62e138?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 500 per nag (plek vir 8) 61 5 1 5 399 Beach Road Tergniet 6503 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -34.0678 22.19809
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang