Successfully reported
+22

La Chapelle

  • Kapasiteit: 6 persone
  • Geen kinders onder 10
  • Inkloktyd: 13:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 19 Uitvlught Street, Bergsig, Montagu, 6720, Wes-Kaap
  • Vanaf R750 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

La Chapelle is in Montagu op die bekende Roete 62 geleë en bied slaapplek aan 2 tot 6 gaste. Hierdie verblyf is ook in 'n natuurreservaat geleë.

Die woonstel het slaapplek vir 2 gaste en is ingerig met 'n koningingrootte-bed. Dié eenheid beskik oor 'n sitarea met 'n TV en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die kombuis is toegerus met 'n mikrogolf, gasstoof, elektriese braaipan, yskas-vrieskas, tee- en koffiemaakgeriewe, breekware en eetgerei. Die eenheid het sy eie ingang en is aan die kant van die huis geleë.

Die Biblioteek is 'n unieke gebou met 'n ryk geskiedenis. Dit is 'n dubbelverdieping-oopplan-eenheid wat 'n paartjie of 4 gaste akkommodeer. Die solder-styl slaapkamer is ingerig met 'n koningingrootte-bed en die onderste verdieping is ingerig met 2 slaapbanke. Die eenheid beskik oor 'n sitarea, 'n eetkamer en 'n badkamer met 'n bad en 'n stort. Die kombuis is toegerus met 'n stoof, 'n yskas-vrieskas, 'n mikrogolfoond, tee- en koffiemaakgeriewe, asook eetgerei en breekware.

Die eenhede maak oop op 'n pragtige binnehof.

Gaste het toegang tot gratis WiFi asook die gemeenskaplike braaigeriewe op die perseel. Gaste word ook 'n onderdakparkeerarea met 'n elektriese hek gebied.

Die warmwaterbronne en Badskloof-staproetes is minder as 3 minute se stap vanaf die eenhede. Montagu se middedorp is 1,7 km vanaf die eenhede. Die dorp bied 'n verskeidenheid doendinge, insluitend restaurante, koffiewinkels, 'n mark op Saterdae, staproetes en rotsklim.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wassery naby

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 82 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.7
Diens
4.8
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Elize K
Saam met lewensmaat
5.0
Absoluut fantasties. Baie lekker, skoon, stil en rustig.
Okt 2025
Mari-Louise D
Gesin met tieners
5.0
Charming. Beautiful place with charm.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Okt 2025
Ilandi J
Saam met lewensmaat
5.0
Waarde vir geld. Gastehuis is in 'n baie stil, rustige area. Netjies en skoon.
Aug 2025
Petro M
Saam met lewensmaat
5.0
Skoon, netjies, goed geleë en goed toegerus. Ons het baie lekker gebly. Gasvrou is baie vriendelik, tog. Die eenheid waarin ons gebly het (die woonste...
Sien meer
Aug 2025
Belinda M
Saam met lewensmaat
5.0
Amazing - Mooi plekkie. Ons het baie lekker gebly, sal definitief teruggaan.
Jun 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

La Chapelle Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 82

Op LekkeSlaap 4 jaar

Ligging

  • 19 Uitvlught Street, Bergsig, Montagu, 6720, Wes-Kaap
  • Gaste dink La Chapelle het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 750
per nag (plek vir 2)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 750
per nag (plek vir 2)
Vanaf
R 750
per nag (plek vir 2)
Bespreek
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Geen kinders onder 10
  • Inkloktyd: 13:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 19 Uitvlught Street, Bergsig, Montagu, 6720, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA555b1b93d14c3758e8cca4fc487099fd661a376e433b0f46bdb88df95e928811cf383acc6d64662a409ec5b913fa06e75163?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R750 per nag (plek vir 2) 82 5 1 5 19 Uitvlught Street Bergsig 6720 Wes-Kaap 021 201 8901 13:00-22:00 10:00 -33.764744560132 20.121978278834

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang