Successfully reported
+69

La Mer

  • Soos Gesien op Facebook
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 2 Marine Drive, Kleinmond, 7200, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 100 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

La Mer is 'n strandhuis met slaapplek vir 6 en 'n woonstel met slaapplek vir 2 gaste op Kleinmond se strandfront. Die huis het 'n omsetter wat ligte, die TV en sekuriteitskamers aan die gang hou tydens beurtkrag.

Self-catering Sea front Beach House beskik oor 3 slaapkamers waarvan 2 kamers elk 2 enkelbeddens het. Die kamers deel 'n badkamer met 'n stort. Die kombuis is ten volle toegerus en daar is 'n eetarea en 'n sitarea met 'n kaggel, TV, DStv en gratis WiFi. Buite die huis is daar 'n binnehof met 'n ingeboude braai-area en 'n buitetafel en stoele, asook 'n draagbare braai wat gaste op die voorstoep kan gebruik.

Self-catering Sea Front Apartment is 'n oopplan-woonstel wat oor 'n slaapkamer met 'n koniningrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort beskik. Die kombuisie is met 'n tweeplaatstoof, yskassie en mikrogolf toegerus. Die sitarea het 'n kaggel, TV, DStv en gratis WiFi. Daar is 'n stoep met 'n draagbare braai, tafel en stoele.

La Mer is 15 minute se stap, via 'n houtpaadjie, van die Palmietstrandmeer en strand af. Botrivierstrandmeer en Kleinmond se Blouvlagstrand is net 20 minute se stap ver. Die besige hawe spog met verskeie restaurante en oulike winkels. Dit is net 5 minute se stap ver.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 143 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
5.0
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.9
Veiligheid
4.7
Gaste se hoogtepunte
Joanne J
5.0
Pragtig! Beveel dit aan! Pragtige plek. Netjies met alles wat nodig is!
Okt 2025
Pieter G
Saam met lewensmaat
5.0
Heerlike besoek aan Kleinmond met 'n lekker blyplek. Ons het baie lekker gebly by La Mer. Die uitsig is fantasties. Die eenheid is baie skoon en netji...
Sien meer
Sep 2025
Magda M
Saam met lewensmaat
5.0
Ons het heerlik gekuier! Baie goed toegerus. Diens is uitstekend. Dankie. 'n Pragtige plek! Het dit baie geniet.
Sep 2025
Kobie V
Saam met lewensmaat
5.0
Gerieflike huis, goed toegerus en binne loopafstand van strand en winkeltjies. Wat 'n heerlike plekkie om net te sit en vir die see te kyk, en dit uit...
Sien meer
Aug 2025
Herman V
Saam met lewensmaat
5.0
Stunning! This is truly a "home away from home.". See stars.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Mei 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.8/5

Dalene Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 177

Op LekkeSlaap 10 jaar

Ligging

  • 2 Marine Drive, Kleinmond, 7200, Wes-Kaap
  • Gaste dink La Mer het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 1 100
per nag, vir 2 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 1 100
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R 1 100
per nag, vir 2 mense
Bespreek
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 2 Marine Drive, Kleinmond, 7200, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAfeef0f468e32b2b7b848f6cea4c98de078ed0cd72d0ddbb008b075d1bf7f29e6918b52dbf42899351327b944f0c51d0029f7?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 100 per nag, vir 2 mense 143 5 1 5 2 Marine Drive Kleinmond 7200 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-18:00 10:00 -34.345409295403 19.011951906746
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang