Successfully reported
+113

LaDamon

  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 106 Main Road, Hoog-En-Droog, Paarl, 7646, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 350 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

LaDamon het 3 kamers op die eienaar se perseel in Hoog-En-Droog, Paarl. Die kamers is ideaal vir reisigers wat na gerieflike oornagverblyf soek terwyl hulle die omliggende areas en besienswaardighede in die omgewing verken.

Hierdie verblyf het 'n omsetter en word nie deur beurtkrag geraak nie.

Elke kamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Verder het elke kamer WiFi, lugversorging en 'n TV. LaDamon 1 het sekere TV-kanale en LaDamon 2 het die volle DStv-pakket. Gedurende beurtkrag is daar 'n rugsteunkragstelsel wat elektrisiteit voorsien en die WiFi en die TV aandryf.

Verder kan gaste in die lieflike swembad afkoel. Veilige parkeerplek is op die perseel agter 'n elektriese hek beskikbaar.

Die Hoofstraat in Paarl beskik oor 'n kleurvolle verskeidenheid Kaaps-Hollandse, Georgiese en Victoriaanse geboue, winkels, restaurante en besienswaardighede. Hierdie eiendom is loopafstand vanaf die skole se atletiekvelde. Aktiwiteite in die omgewing sluit onder meer voetslaan, fietsry, voëlkyk en wynproe in.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wassery naby
Swembad
Troeteldiere op versoek

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 17 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.5
Diens
4.8
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Kylie R
Gesin met klein kinders
5.0
Great! We enjoyed our stay!
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Jul 2025
Suhette K
Gesin met klein kinders
5.0
Baie gerieflik! Baie aandag aan klein detail gegee. Pragtige plekkie, baie netjies.
Mei 2025
Chrezelda D
Saam met lewensmaat
5.0
Excellent. We were welcomed at the gate, got all relevant info from the start. The unit was cleaned while we stayed. Very nice unit.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Apr 2025
Monique C
Besigheidsreis
5.0
Netjies en gemaklik. My pa en man het nou vir die 2de jaar in 'n ry daar gebly vir besigheid en alles is altyd gemaklik, skoon en lekker.
Nov 2024
Elmarie S
Saam met lewensmaat
4.8
Wonderlik geleë en wonderlike plek. Sien sterre.
Apr 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Monica Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 17

Op LekkeSlaap 3 jaar

Ligging

  • 106 Main Road, Hoog-En-Droog, Paarl, 7646, Wes-Kaap
  • Gaste dink LaDamon het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 1 350
per nag (plek vir 2)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 1 350
per nag (plek vir 2)
Vanaf
R 1 350
per nag (plek vir 2)
Bespreek
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 106 Main Road, Hoog-En-Droog, Paarl, 7646, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA7e258a5e0704ec32761cf018cd255076dd45a4d4929af3a9d41f69b51e5e278810d9f40e90819ed2284a5a7e2ec8f27c56a4?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 350 per nag (plek vir 2) 17 5 1 5 106 Main Road Hoog-En-Droog 7646 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -33.74880416221 18.961814023031

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang