Ladismith Country House
- Kapasiteit: 11 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Farm 89, Portion 8, Knuiswagendrift, Ladismith, 6655, Wes-Kaap
- Vanaf R1 100 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Ladismith Country House is op 'n skaapplaas 7 km vanaf Ladismith in die pragtige Swartberge op die bekende Roete 62 geleë. Dis net 3 uur se ry vanaf Kaapstad en 2 uur se ry vanaf George-lughawe.
Dié gasteplaas word privaat besit en bestuur, en bied die perfekte Klein Karoo-ervaring aan die mees gesoute vakansieganger of sakereisiger. Hiér voel jy amper net so tuis soos by die huis! Ladismith Country House is op ’n 60 hektaar-plaas geleë en dis 'n absolute natuurliefhebbersparadys met verskeie voëlspesies, fynbos en vetplante om te aanskou.
Die Herehuis het 5 suites wat elkeen uniek en keurig ingerig is om ’n knus, ontspanne Klein Karoo-kuier te verseker. Elke suite het 'n privaat ingang en 'n patio met direkte toegang tot die pragtige tuin. Die 5 en suite-kamers beskik oor lugversorging wat verkoel en verhit, katoenlinne, kluise, en koffie- en teemaakgeriewe.
Paddasang-selfsorgkothuis is geskik vir 6 gaste en is heeltemal afgesonder langs 'n mooi dam. Daar is 3 slaapkamers, 2 badkamers met storte, 'n kombuis wat ten volle toegerus is, asook 'n eet- en leefarea.
Ladismith Country House bedien ’n stewige ontbyt en/of aandete by ons Bistro wat vooraf teen 'n ekstra koste gereël kan word. Gaste kan maaltye in die eetkamer nuttig terwyl hulle uitkyk oor die lieflike tuin en Klein Karoo-landskap. Luister gerus na die gekwetter van tarentale, hadedas, wilde ganse, patryse en fisante terwyl jy behoorlik smul.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
3.9/5
Saar Geverifieer
Eiendomme 2
Resensies 6
Op LekkeSlaap 7 jaar
Ligging
- Farm 89, Portion 8, Knuiswagendrift, Ladismith, 6655, Wes-Kaap
- Gaste dink Ladismith Country House het ’n baie goeie ligging
- Kapasiteit: 11 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Farm 89, Portion 8, Knuiswagendrift, Ladismith, 6655, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang