Lady Beach Villa
- Kapasiteit: 8 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 21 Lady Ellen Crescent, Umhlanga Rocks, Umhlanga, 4320, KwaZulu-Natal
- Vanaf R4 990 per nag (plek vir 8)
Beskrywing
Lady Beach Villa is 'n ruim selfsorg-vakansiehuis wat in Umhlanga geleë is. Dit is net 'n entjie vanaf die strand en die ideale opsie vir 'n gesin of groep vriende wat op soek is na 'n kuswegbreek.
Dié huis het lugversorging, bied slaapplek aan 8 gaste en beskik oor 4 en suite-slaapkamers. Daar is ook 'n buitestort. Elke slaapkamer het 'n koningingrootte-bed. Twee van die badkamers het elk 'n bad en 'n stort, terwyl die ander 2 net 'n stort het. Linne en badhanddoeke word voorsien.
Die kombuis is met 'n vierplaatgasstoof, dubbeloond, mikrogolfoond, broodrooster, ketel, koffiemasjien, yskas-vrieskas, skottelgoedwasser en 'n wasmasjien toegerus. Die sit- en eetarea bied gemaklike sitplek en daar is 'n TV, gratis WiFi en 'n pooltafel. 'n Werkspasie is ook beskikbaar.
Die huis lei na 'n groot dek met 'n swembad, Jacuzzi, buitesitplek, sonstoele en braaigeriewe. Parkeerplek is op die perseel beskikbaar. Hierdie verblyf is naby Umhlanga se dorpie wat 'n verskeidenheid restaurante en koffiewinkels het.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.7/5
Philippa Geverifieer
Eiendomme 34
Resensies 16
Op LekkeSlaap 1 jaar
Ligging
- 21 Lady Ellen Crescent, Umhlanga Rocks, Umhlanga, 4320, KwaZulu-Natal
- Gaste dink Lady Beach Villa het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 8 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 21 Lady Ellen Crescent, Umhlanga Rocks, Umhlanga, 4320, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang