Successfully reported
+19

Lekke By Die See

  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 2 persone
  • Geen kinders onder 16
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 7 Baracuda Crescent, Dwarskersbos, 7365, Wes-Kaap
  • Vanaf R570 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Lekke By Die See is 'n gaste-suite op die eienaars se perseel en bied selfsorgverblyf naby die strand in die kusdorpie Dwarskersbos. Dié dorpie spog met menigte aktiwiteite soos swem, stap, visvang, voëlkyk en 4x4-roetes.

Die eenheid het slaapplek vir 2 gaste en het 'n koningingrootte-bed. Beddegoed en handdoeke word verskaf. Die en suite-badkamer het 'n stort en 'n bad. Die kombuisie is met 'n yskas-vrieskas, tweeplaatstoof, mikrogolf, broodrooster, ketel en die nodige kook- en eetgerei toegerus. Koffie, tee, suiker en versoeters word vir een keer voorsien. Daar is braaigeriewe op die stoep en 'n rooster, roosterstaander, braai- en koletang word voorsien.

Die eenheid is nie rolstoel-vriendelik nie. Daar is 7 trappe tot op die stoep en weer 2 trappe van die stoep na die woonstel. Daar is 'n reeling vir veiligheid.

Besienswaardighede in die omgewing sluit die Rocherpan Natuurreservaat, strande, restaurante, die Mykonos Casino en die Weskus Fossielpark in.

Daar is nie 'n TV nie, maar gratis WiFi is beskikbaar.

'n Foksterriër is op die perseel en is gek na mense, maar nie gemaklik met kinders nie en daarom laat ons nie kinders toe nie. Ons kan ongelukkig ook nie honde akkommodeer nie.

Kamer-opset

1 Slaapkamer 1 Badkamer, 1 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koningingrootte-bed

Stort, Bad, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
WiFi
Wassery naby
Lugversorging
Braai
Voorsiening vir beurtkrag

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 119 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.8
Veiligheid
4.8
Gaste se hoogtepunte
Danie D
Saam met lewensmaat
5.0
Heerlik, rustig en sielsverrykend. Vreeslik lekker. Wil nie terug huis toe nie.
Okt 2025
Sharon M
Saam met lewensmaat
5.0
Vriendelike en aangename gasheer. Woonstel het alles in wat jy nodig het. Baie lekker en gerieflik.
Sep 2025
Pat S
Saam met lewensmaat
5.0
Lekker gekuier en gerus. Dankie! Baie lekker gebly en gekuier. Dankie! Die stilte en heerlike rus. Dankie vir die gasvryheid.
Aug 2025
Johan S
Saam met lewensmaat
5.0
Lekker gebly, lekker geslaap, lekker gesels. Sien sterre.
Aug 2025
Verdenio C
5.0
Lekker stil plek. Baie goeie diens en baie lekker daar gebly vir 2 dae, sal dit weer doen.
Jul 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Nico Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 119

Op LekkeSlaap 6 jaar

Ligging

  • 7 Baracuda Crescent, Dwarskersbos, 7365, Wes-Kaap
  • Gaste dink Lekke By Die See het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 570
per nag (plek vir 2)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 570
per nag (plek vir 2)
Vanaf
R 570
per nag (plek vir 2)
Bespreek
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 2 persone
  • Geen kinders onder 16
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 7 Baracuda Crescent, Dwarskersbos, 7365, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAzkeZqOlxEGnGLRSZC4dj6aTYwLquVB7hOl34rh3lwtu7SMQMsB?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R570 per nag (plek vir 2) 119 5 1 5 7 Baracuda Crescent Dwarskersbos 7365 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -32.691250968646 18.235524404928
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang