Successfully reported
+28

Lewens-Essens B&B on C

  • Kapasiteit: 4 persone
  • Geen kinders
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 75 Lutie Katz Road, Yzerfontein, 7351, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 400 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Lewens-Essens B&B on C is in die dorpie Yzerfontein, 'n 'n juweel aan die Weskus. Die 180º-uitsig en die sonsondergange is asemrowend. Dié B&B is aan die seefront, minder as 20 m van die rotse en die see af en al die kamers het pragtige uitsigte.

C-Gull is op die grondverdieping. Dié kamer het sy eie ingang en 'n skuifdeur wat oopmaak op 'n privaat patio met stoele, tafel en sambreel. Dit het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Elke kamer het 'n TV met die volle DStv-pakket, gratis WiFi-toegang, haardroër, mikrogolfoond, eetgerei, breekware en koffie- en teemaakgeriewe. 'n Daaglikse skoonmaakdiens word voorsien.

Master Bedroom is ingerig vir gaste wat op soek is na luukse en gerief. Dié kamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n ekstra groot stort en dubbelwasbak. Skuifdeure lei na die balkon. Die volgende geriewe is beskikbaar: 'n TV met volledige DStv, gratis WiFi, haardroër, mikrogolf, eetgerei, breekware, en koffie- en teemaakgeriewe. 'n Daaglikse skoonmaakdiens is ingesluit.

Verken die kus al langs die wit strande, sluit aan by 'n bootvaart na Dasseneiland, of geniet die seelewe in die rotspoele. Aangesien hier geen straatligte is nie, is die maanlig werklik iets om te beleef. Die staproete loop voor die huis verby al langs die see, die fynbos en die blomme.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wassery naby
Ontbyt beskikbaar

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 65 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
5.0
Waarde vir geld
4.6
Diens
4.8
Veiligheid
4.8
Gaste se hoogtepunte
Wouter D
Saam met lewensmaat
5.0
Die beste see uitsig moontlik op jou voorstoep! Wonderlike gasvrou! Baie lekker gebly.
Mei 2025
John D
Saam met lewensmaat
5.0
Was excellent. Just what we needed. Brilliant, lovely views. Neat. Affordable and great value for money.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Apr 2025
Klaus-Gerd V
Saam met lewensmaat
5.0
Uitstekende ligging, met Schaap Eiland, Dassen Eiland en die see voor ons deur. Ons gasvrou het ons dadelik tuis laat voel en heelwat inligting verska...
Sien meer
Apr 2025
Gerrie V
Saam met lewensmaat
5.0
Rustig, pragtige uitsig, fantasties. Die verblyf is fantasties met 'n besondere uitsig oor die see. Die gasvryheid van Ria was uitstekend. Yzerfontein...
Sien meer
Mrt 2025
Kobus V
Saam met lewensmaat
5.0
Rustig, netjies met asemrowende see-uitsig. Ria het ons baie vriendelik verwelkom en tuis laat voel. Blyplek is baie netjies en veilig. Die see-uitsig...
Sien meer
Feb 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Ria Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 65

Op LekkeSlaap 14 jaar

Ligging

  • 75 Lutie Katz Road, Yzerfontein, 7351, Wes-Kaap
  • Gaste dink Lewens-Essens B&B on C het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 1 400
per nag, vir 2 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 1 400
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R 1 400
per nag, vir 2 mense
Bespreek
  • Kapasiteit: 4 volwassenes
  • Geen kinders
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 75 Lutie Katz Road, Yzerfontein, 7351, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDQ0MGYxMTAwLTZjMTQtNDBhYy1hMGE1LTdiNmQ0MWI4YWU3ZA?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 400 per nag, vir 2 mense 65 5 1 5 75 Lutie Katz Road Yzerfontein 7351 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -33.352940098327 18.148928582668
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang