Successfully reported
+69

Lindanda Luxury Lodge

Selfsorg
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 234 Hoedspruit Wildlife Estate, Hoedspruit, 1380, Limpopo
  • Vanaf R5 300 per nag, vir 8 mense

Beskrywing

Lindanda Luxury Lodge is 'n selfsorghuis op die prentjiemooi Hoedspruit Wildlandgoed. Die lodge is 'n kort entjie se ry van die pragtige Panoramaroete en Krugerwildtuin af. Die huis beskik oor 4 en suite-slaapkamers, 'n oopplan-kombuis, sitarea en 'n buite-area met 'n privaat swembad en buite-kookarea. Gaste sal daagliks wild, soos koedoes, kameelperde, rooibokke en vlakvarke sien verby loop.

Elke slaapkamer het sy eie diertema: leeu, buffel, renoster en olifant. Die hoof- en tweede slaapkamer het elkeen 'n 'n koninggrootte-bed en die derde en vierde slaapkamer het elkeen 'n koningingrootte-bed. Elke slaapkamer het 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en 'n toilet. Luukse katoenhanddoeke en -linne word voorsien. Daar is 'n skakeldeur wat 2 kamers verbind, maar die deur kan gesluit word om 2 privaat kamers te skep. Elke kamer het genoeg kasruimte, bedlampies, lampe, lugversorging en vensters met muskietnette.

Die oopplan-kombuis is goed toegerus en sluit die nodige kooktoebehore in om maaltye mee voor te berei. Die sitarea het 'n TV met sekere DStv-kanale en die leefarea lei na 'n stoep met 'n uitsig oor die braai-area, verhitte plonspoel en sonstoele.

Die huis het ook gratis WiFi en veilige parkeerplek vir voertuie. Gaste kan saans onder die sterre op die oop vuur kook en na die geluide van Afrika luister.

Kamer-opset

4 Slaapkamers 5 Badkamers, 4 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koninggrootte-bed

Stort, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koninggrootte-bed

Stort

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koningingrootte-bed

Stort, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koningingrootte-bed

Stort, Toilet

Badkamer

Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad
TV
Lugversorging
Braai

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 8 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.9
Veiligheid
5.0
Gaste se hoogtepunte
George H
Besigheidsreis
5.0
Goed geleë, skoon en netjies. Ja, het baie lekker gebly, ek sal aanbeveel dat daar dalk 'n bak of twee in die kombuis is vir biltong en chips ens.
Aug 2025
Nadia G
5.0
Ons het heerlik gekuier. Dankie vir die puik diens. Baie lekker gebly, dankie.
Jun 2024
Mia L
Saam met vriende
5.0
Heerlike verblyf. Lindanda Luxury Lodge is 'n pragtige plek waar mens lekker kuier en ontspan saam met vriende. Het dit baie geniet.
Mrt 2024
Clintin J
Gesin met klein kinders
4.8
Vantasties. Baie lekker gebly en geslaap. Geen kragonderbreking nie. Lugversorgers in alle kamers.
Feb 2024
Trixi J
Saam met vriende
4.2
Good facilities, convenient location. It was a super stay, albeit the road noise from the road in front and behind the lodge. We will s...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Aug 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Lucy Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 8

Op LekkeSlaap 5 jaar

Ligging

  • 234 Hoedspruit Wildlife Estate, Hoedspruit, 1380, Limpopo
  • Gaste dink Lindanda Luxury Lodge het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 5 300
per nag, vir 8 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 5 300
per nag, vir 8 mense
Vanaf
R 5 300
per nag, vir 8 mense
Bespreek
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 234 Hoedspruit Wildlife Estate, Hoedspruit, 1380, Limpopo
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAgK63fJxkxPjD9oKxw2152wFgMbwnrmFvKBO0zs9jj7JqwKRd1a?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R5 300 per nag, vir 8 mense 8 5 1 5 234 Hoedspruit Wildlife Estate Hoedspruit 1380 Limpopo 021 201 8901 14:00-20:00 10:00 -24.343081737556 30.969548633322

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang