Long Island 22
Bly 4 nagte en betaal slegs vir 3 op enige bespreking wat nie 'n Vrydag- of Saterdagaand insluit nie. Geldig vir verblyf vanaf 14 Okt 2025 tot 30 Nov 2025.
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 70 Ocean Drive, Shaka's Rock, Dolphin Coast, 4399, KwaZulu-Natal
-
Vanaf
R2 927R2 196 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
Long Island 22 is 'n lieflike selfsorgwoonstel in Ballito, KwaZulu-Natal en is oorkant die ikoniese Thompson's Bay-strand geleë. Dit is ideaal vir 'n onvergeetlike gesinsvakansie en spog met 'n see-uitsig.
Die woonstel bied slaapplek aan 6 gaste en beskik oor 3 slaapkamers, 2 badkamers en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort, wasbak en 'n toilet. Die slaapkamer bied ook toegang tot 'n balkon met 'n see-uitsig. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Gaste deel 'n badkamer met 'n stort, wasbak en 'n toilet. Handdoeke en linne word voorsien.
Die oopplan-leefarea het 'n kombuis wat met 'n stoof, oond, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, broodrooster, ketel, eetgerei en breekware toegerus is. 'n Wasmasjien, tuimeldroër en skottelgoedwasser is ook in die kombuis beskikbaar. Dit lei na 'n toonbank met 4 stoele. Die sitarea het gemaklike rusbanke en 'n TV met DStv Now en Netflix. Gratis WiFi is beskikbaar. Die skuidfdeure lei na 'n balkon met 'n etenstafel en stoele.
Gaste het toegang tot die kompleks se gemeenskaplike geriewe wat 'n swembad en veilige parkeerplek in die kompleks insluit.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.6/5
Ballito
Accommodation ...
Eiendomme 100+
Resensies 361
Op LekkeSlaap 2 jaar
Ligging
- 70 Ocean Drive, Shaka's Rock, Dolphin Coast, 4399, KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 70 Ocean Drive, Shaka's Rock, Dolphin Coast, 4399, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang