Manor on the Bay
Kry 15% af. Geldig vir verblyf vanaf 18 Sep 2025 tot 15 Des 2025.
- Kapasiteit: 24 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 117 Beach Road, Gordon's Bay, 7140, Wes-Kaap
-
Vanaf
R2 465R2 096 per nag (plek vir 2) -
TGCSA-gradering:
Beskrywing
Manor on the Bay is 'n 4-ster historiese gastehuis, slegs 20 tree vanaf die wit sandstrand in die prentjiemooi Gordonsbaai, net buite Kaapstad. Dit is ook net 35 minute vanaf die Kaapstad Internasionale Lughawe.
Manor on the Bay bied 'n pragtige uitsig oor die Atlantiese Oseaan, Valsbaai, Tafelberg en die Helderberg en verseker 'n onvergeetlike sonsondergang.
Die gastehuis is beurtkragvriendelik en is volledig operasioneel gedurende kragonderbrekings.
Verblyf word in 11 kamers met uitsigte oor die Atlantiese Oseaan of die versorgde tuin aangebied. Al die kamers is ruim en elegant versier. Elke kamer het 'n dubbelbed of 2 enkelbeddens, lugversorging, TV's, en suite-badkamers, aparte ingange en 'n stoep of balkon. Daar is 2 luukse kamers met uitsigte oor die tuin, 8 luukse kamers met see-uitsigte en 1 gesinsuite met 'n see-uitsig. Dié suite het 'n koninggrootte-bed en 2 stapelbeddens vir kinders, sowel as 'n kombuisie met 'n stoof, mikrogolfoond, breekware, eetgerei, en die enigste eenheid met 'n braai en 'n privaat eetarea.
Geriewe op die perseel sluit 'n swembad, gratis vesel-WiFi en 'n groot veilige parkeerplek op die perseel in. Vir sakereisigers is konferensiegeriewe vir tot 18 afgevaardigdes beskikbaar. Gaste kan selfs die kans kry om die walvisse en dolfyne gedurende seisoen in die water te sien baljaar.
Nabygeleë doendinge sluit in visvang, fietsry, voëlkyk, bergfietsry, swem, gholf en wynproe in. Gaste kan masserings by 'n nabygeleë, bekende Thai Spa bespreek. Die huis is sentraal geleë, net 'n klein entjie van gewilde restaurante, skemerkelkie-kroeë en beroemde Blouvlagstrande af. Manor on the Bay is sentraal geleë naby Kaapstad, Stellenbosch en Hermanus en is die ideale verblyf vir oordeelkundige gaste wat op soek is na 'n luukse verblyf, naby verskeie besienswaardighede aan die Atlantiese Kusgebied en wyn- en gholflandgoedere. Die perfekte blyplek vanwaar die magdom ervarings in die Wes-Kaap beleef kan word.
Met die Atlantiese Oseaan op jou voorstoep het Manor on the Bay 'n ongeëwenaarde ligging in Gordonsbaai, wat dit een van die mooiste gastehuise teen die strand in Kaapstad maak.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.7/5
Sebastiaan Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 31
Op LekkeSlaap 15 jaar
Ligging
- 117 Beach Road, Gordon's Bay, 7140, Wes-Kaap
- Gaste dink Manor on the Bay het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 24 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 117 Beach Road, Gordon's Bay, 7140, Wes-Kaap
-
TGCSA-gradering:
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang