Successfully reported
+60

Manzini Chalets 8 9 10 37

  • Kapasiteit: 19 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 100 McKenzie Street, Manzini Chalets 37, St Lucia, 3636, KwaZulu-Natal
  • Vanaf R1 000 per nag (plek vir 5)

Beskrywing

Manzini Chalets 8 9 10 37 is lieflike selfsorg-eenhede in 'n veilige kompleks in die hartjie van St. Lucia.

Die standaard-eenhede het elkeen slaapplek vir 4 of 5 gaste met 'n dubbelbed en 2 enkelbeddens of stapelbeddens en dit is ideaal vir 'n gesin. Die eenheid het 1 badkamer met 'n stort. Die oopplan-kombuise is elkeen met 'n yskas, mikrogolf, oond en stoof toegerus. Daar is gemaklike sitplek en 'n TV. Al die eenhede het plafonwaaiers en lugversorging. Daar is 'n stoep met braaigeriewe by elke eenheid. Toegang tot gratis WiFi is beskikbaar.

Dié deluxe-eenheid is 'n dubbelverdieping-eenheid met slaapplek vir 6 gaste en beskik oor 3 slaapkamers en 3 badkamers. Die hoofslaapkamer het lugversorging, 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die ander 2 slaapkamers het elk 2 enkelbeddens en die ander 2 badkamers het storte. Daar is lugversorging.

Op die boonste verdieping is daar 'n balkon met 'n uitsig oor die bos en sitplek vanwaar gaste die wild wat gereeld verbystap kan bewonder. Braaigeriewe is op die stoep op die onderste verdieping beskikbaar.

Die oopplan-kombuis is volledig toegerus met 'n stoof, oond, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe. In die sitarea is daar 'n TV en gemaklike sitplek. Gratis WiFi is beskikbaar.

Die kompleks is naby alle winkels en restaurante geleë en spog met pragtig versorgde tuine en 'n groot gemeenskaplike swembad. Elke eenheid het skaduparkeerplek en word daagliks skoongemaak, behalwe Sondae, Kersdag en Nuwejaarsdag.

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wassery naby
Swembad

Resensies

4.4/ 5

Gebaseer op 27 resensies

Baie goed

Netheid
4.2
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.3
Diens
4.3
Veiligheid
4.7
Gaste se hoogtepunte
Edwina T
Gesin met klein kinders
5.0
Enjoyable family time. Enjoyable, but it is a pity you cannot see the river anymore.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sep 2025
Nicoline S
5.0
Ongelooflik lekker! Vreeslik lekker gebly, diens uitstekend. Sal vir seker weer gaan 'kuier'!
Jul 2025
Piet B
Saam met vriende
5.0
Kompleks nie in so 'n besige gedeelte van die dorp nie en ook meer kalmer. Vriendelike ontvangs. Skoon en netjiese verblyf. Veilige parkeering. Hele k...
Sien meer
Mei 2025
Joaquim D
Saam met lewensmaat
5.0
Everything was great. Perfect. Everything we expected.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Mrt 2025
Raymond S
Gesin met klein kinders
5.0
Vriendelike diens en netjiese skoon verblyf. Vriendelike diens met 'n baie netjiese kompleks en mooi skoon en netjiese verblyf.
Jan 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.5/5

hans & Shirly Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 27

Op LekkeSlaap 3 jaar

Ligging

  • 100 McKenzie Street, Manzini Chalets 37, St Lucia, 3636, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink Manzini Chalets 8 9 10 37 het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 1 000
per nag (plek vir 5)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 1 000
per nag (plek vir 5)
Vanaf
R 1 000
per nag (plek vir 5)
Bespreek
  • Kapasiteit: 19 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 100 McKenzie Street, Manzini Chalets 37, St Lucia, 3636, KwaZulu-Natal
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAc41da8dbcaf5c1d2e35500a7782d871e183b316b29d661f8872b72627c3eaa410042d0c12601688edaacc43be2bab7de3890?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 000 per nag (plek vir 5) 27 5 1 5 100 McKenzie Street Manzini Chalets 37 3636 KwaZulu-Natal 021 201 8901 14:00-22:00 10:00 -28.378241087312 32.410152060536

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang