Successfully reported
+157

Marula Oase

  • Kapasiteit: 366 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Section 38, Farm Buiskop, Eersbewoon Road, Bela-Bela, 0480, Limpopo
  • Vanaf R385 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

Marula Oase is 'n rustige oord in 'n natuurlike omgewing in die hartjie van die Waterberge. Hier kan jy 'n ware bosveld-atmosfeer geniet. Die oord is 6 km buite Bela-Bela geleë, net 'n uur se ry van Pretoria af.

Gaste kan kies tussen verblyf in chalets, houthuisies of in 'n karavaanpark. Daar is 15 selfsorg-eenhede wat elk eetgerei en breekware het. Gaste moet asb. eie handdoeke, vadoeke en opwasmiddel saambring. Die karavaanpark het 85 karavaan- of tent-staanplekke wat elk toegerus is met 220 volt-hoofkragpunte.

Gaste kan al die geriewe op die oord geniet, insluitend 'n binnenshuise swembad met 'n kinder- en baba-plonspoel, 'n koue swembad buite, gemeenskaplike braaigeriewe by die swembad-area, staproetes, wild-te-voet-ervaringe, 'n vlugbalbaan, trampolien en klimraam. Daar is ook 'n volledig gelisensieerde restaurant en wegneemeetplek met grootskerm-TV's.

Geriewe is beskikbaar vir enige funksie soos troues, konferensies, reünies, senior-groepe, matriekafskeide en spesiale verjaarsdae. Nog baie opsies kan gereël word met 'n privaat beplanner.

Dít is wat jy hier sal kry

Swembad
Ontbyt beskikbaar
Restaurant op die perseel

Resensies

4.4/ 5

Gebaseer op 158 resensies

Baie goed

Netheid
4.5
Ligging
4.5
Waarde vir geld
4.3
Diens
4.4
Veiligheid
4.6
Gaste se hoogtepunte
Janene V
Gesin met klein kinders
5.0
Vriendelike staff en lekker gebly. Ja, ons het baie skoon en netjies. Daar is nie veel vir kinders om te doen in die oord self nie, maar was nog steed...
Sien meer
Jul 2025
Carol B
Gesin met klein kinders
5.0
Asemrowend, vriendelik en baie netjies. Goeie more. Baie dankie, ons het die verblyf vreeslik baie geniet. As ek net 'n voorstel kan maak: in die komb...
Sien meer
Mei 2025
Divan W
Saam met lewensmaat
5.0
Rustig, vriendelik, skoon. Personeel was baie vriendelik, die perseel is baie skoon, die restaurant maak baie lekker kos.
Mei 2025
Ernest V
Saam met lewensmaat
5.0
Kan nie wag vir nog 'n kuiertjie in die nabye toekoms. Ek en my vrou het die wegbreek nodig gehad en Marula Oase is altyd vir ons 'n lekker en rustige...
Sien meer
Apr 2025
Chris V
Saam met lewensmaat
5.0
Kalmte vir die siel. Puik verblyf en rustigheid.
Apr 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.5/5

Kotie Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 158

Op LekkeSlaap 9 jaar

Ligging

  • Section 38, Farm Buiskop, Eersbewoon Road, Bela-Bela, 0480, Limpopo
  • Gaste dink Marula Oase het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 385
per nag (plek vir 4)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 385
per nag (plek vir 4)
Vanaf
R 385
per nag (plek vir 4)
Bespreek
  • Kapasiteit: 366 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Section 38, Farm Buiskop, Eersbewoon Road, Bela-Bela, 0480, Limpopo
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGFkNzJmMThiLTkzYTAtNGU2ZC1iMmI1LTM4ZDlmOTRhZWUxYw?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R385 per nag (plek vir 4) 158 5 1 5 Section 38, Farm Buiskop Eersbewoon Road 0480 Limpopo 021 201 8901 14:00-20:00 10:00 -24.852206 28.344129
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang