Successfully reported
+32

Middeldam Farm House

  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Middeldam, Bredasdorp, 7280, Wes-Kaap
  • Vanaf R2 330 per nag, vir 8 mense

Beskrywing

Middeldam Farm House is 'n vintage plaashuis wat smaakvol opgeknap is en net buite Bredasdorp geleë is. Die bekoring van hierdie gesinshuis van 1929 lê in die Oregon-vloere en plafonne, alles nog in plek, so ook die ou skuifraamvensters. Dit is ideaal vir 'n gesin of 'n romantiese wegbreek.

Dié huis bied slaapplek aan 8 gaste en beskik oor 4 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoof- en tweede slaapkamers is elk ingerig met 'n koningingrootte-bed, terwyl die derde en vierde slaapkamers elk met 2 enkelbeddens ingerig is. Hulle deel die gebruik van 2 badkamers, een met 'n stort en die ander een met 'n bad. Linne en handdoeke word voorsien.

Die kombuis is toegerus met 'n yskas-vrieskas, stoof, oond, mikrogolf, eetgerei, breekware, en tee- en koffiemaakgeriewe en beskik oor 'n ingeboude braai-area. Dit is oopplan na die sitkamer wat met gemaklike rusbanke en 'n TV met DStv ingerig is. Komplimentêre WiFi is beskikbaar.

Die huis maak oop na 'n patio met buitesitplek en 'n buitebraai-area en bied 'n omheinde grasperk waar kinders kan speel en rondhardloop.

Die plaas is die perfekte basis om die De Hoop-natuurreservaat, Elim-wynroete, Malgas, Arniston, Bredasdorp en L'Agulhas te verken. Boonop is daar baie paaie en roetes in die omgewing vir beginner- of gevorderde bergfiets-entoesiaste.

Kamer-opset

4 Slaapkamers 2 Badkamers

Slaapkamer

2

1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer

2

1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Badkamer

Bad, Toilet

Badkamer

Stort, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad
Troeteldiere op versoek
Mooi uitsig
TV
Volledige kombuis
DStv
Kaggel
Braai

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 79 resensies

Uitstekend

Netheid
4.7
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.8
Veiligheid
4.8
Gaste se hoogtepunte
Brian M
Gesin met klein kinders
5.0
Perfection! It was a joyously peaceful stay and Heidi's welcome summed up everything about this beautiful farm. We'll be back!
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Jul 2025
Gerrit L
Saam met vriende
5.0
Rustig, mooi, privaat. Lekker privaat en rustig.
Mei 2025
Marchell V
Saam met vriende
5.0
Rustig. Dit was heerlik op die plaas.
Apr 2025
Seamus M
Saam met lewensmaat
5.0
We explored the area in search of an old family grave plot and found it. The farm is easily accessible on a good sand road and doesn't ...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Des 2024
Matt G
Gesin met tieners
5.0
Lekker rustig. Was baie lekker gewees.
Okt 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.8/5

Heidi Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 81

Op LekkeSlaap 11 jaar

Ligging

  • Middeldam, Bredasdorp, 7280, Wes-Kaap
  • Gaste dink Middeldam Farm House het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 2 330
per nag, vir 8 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 2 330
per nag, vir 8 mense
Vanaf
R 2 330
per nag, vir 8 mense
Bespreek
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Middeldam, Bredasdorp, 7280, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA1HmwiUV7EIyZX4yD9pxx7fqtU1vzlTzbRsMkr84ol78jKJ3PiC?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 330 per nag, vir 8 mense 79 5 1 5 Middeldam Bredasdorp 7280 Wes-Kaap 021 201 8901 15:00-20:00 10:00 -34.453325266821 20.149212552661
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang