Successfully reported
+28

Mongu

  • Kapasiteit: 12 persone
    11 volwassenes, 1 kind
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 2477 Mongoose Street, Marloth Park, 1321, Mpumalanga
  • Vanaf R4 730 per nag, vir 11 mense

Beskrywing

Mongu bied verblyf in 'n gerieflike selfsorghuis met slaapplek vir 12 gaste in Marlothpark, net 300 m van die Krokodilrivier en 600 m van die uitkykpunt af.

Dié dubbelverdiepinghuis het 4 slaapkamers, 4 badkamers, 'n kombuis, 'n eetarea en 'n sitarea. Die hoofslaapkamer is op die eerste verdieping en het lugversorging, 'n koningingrootte-bed en 'n enkelbed vir 'n kind. Die tweede slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die 2 kamers maak gebruik van 2 badkamers wat 'n bad of 'n stort het.

Die ander 2 slaapkamers is op die onderste verdieping. Die eerste slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n enkelbed, terwyl die tweede slaapkamer 'n dubbelbed en 2 enkelbeddens het. Elke slaapkamer het 'n en suite-badkamer met 'n stort en die kamers deel die gebruik van die aparte gastetoilet.

Die kombuis is met 'n stoof, oond, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware, potte, panne, 'n skottelgoedwasser en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Etes kan by die etenstafel geniet word.

Gaste kan in die groot, oop sitarea wat 'n TV met Netflix, DStv en WiFi het ontspan en dié area het ook lugversorging.

Daar is 'n swembad, groot bomabraai, asook parkeerplek onder die bome.

Marlothpark bied die geleentheid om 'n verskeidenheid vrylopende wild te sien en gaste kan ook voëlkyk, fietsry, stap en vierwielmotorfietsry. Die dorp het 'n waterpark, putt-putt-baan en basiese geriewe soos 'n drankwinkel, restaurant, bakery, kuriowinkel en 'n vulstasie.

Kamer-opset

4 Slaapkamers 5 Badkamers, 2 en suite

Slaapkamer

En suite

3

1 x Enkelbed / Driekwartbed

1 x Koningingrootte-bed

Stort, Toilet met bidet

Slaapkamer

En suite

4

2 x Enkelbed / Driekwartbed

1 x Dubbelbed

Stort, Toilet met bidet

Slaapkamer

3

1 x Koningingrootte-bed

1 x Kinderbed vir 1

Slaapkamer

2

1 x Koningingrootte-bed

Badkamer

Bad, Toilet met bidet

Badkamer

Stort

Badkamer

Toilet met bidet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad
TV
Lugversorging
Volledige kombuis
DStv
Braai

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 40 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.7
Diens
4.9
Veiligheid
4.8
Gaste se hoogtepunte
Samantha R
Gesin met klein kinders
5.0
Wonderlike plek gewees. Sal definitief weer bespreek. Tannie Liresia was wonderlik om te help met als.
Okt 2025
Koos B
Saam met lewensmaat
5.0
Dit was heerlik. Dit was heerlik. Die huis is baie mooi ingerig en het alles wat jy nodig het vir 'n lekker kuier naweek.
Aug 2025
Mia I
Gesin met klein kinders
5.0
Perfect home away from home. Excellent stay! Conveniently located close to the lookout point and not far from shops. The outside area i...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Apr 2025
Christa D
5.0
Rustig en gerieflik. Lekker groot, ruim huis. Baie mooi, netjies en skoon. Vriendelik deur Liresia ontvang. Baie diere wat kom kuier het by die huis. ...
Sien meer
Mrt 2025
Karin B
Gesin met tieners
5.0
Netjies, silwerskoon, alles wat jy nodig het, is in die huis. Ons gesin het heerlik gebly. Baie netjiese en skoon huis, lekker braaigeriewe en swembad...
Sien meer
Des 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Liesel Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 40

Op LekkeSlaap 4 jaar

Ligging

  • 2477 Mongoose Street, Marloth Park, 1321, Mpumalanga
  • Gaste dink Mongu het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 4 730
per nag, vir 11 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 4 730
per nag, vir 11 mense
Vanaf
R 4 730
per nag, vir 11 mense
Bespreek
  • Kapasiteit: 12 persone
    11 volwassenes, 1 kind
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 2477 Mongoose Street, Marloth Park, 1321, Mpumalanga
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA722d9a8b7de5ae4929050cfaf48656db8b390a5f0aa6872693b35dd82c74c3022776f752b7477d927088f7d403e5fdd22d7d?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R4 730 per nag, vir 11 mense 40 5 1 5 2477 Mongoose Street Marloth Park 1321 Mpumalanga 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -25.339303720253 31.785426701515

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang