Successfully reported
+25

Mooiplasie Bush Camp

  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Dinokeng Big Five Game Reserve, 15 Hartebeestfontein, Pretoria, 0400, Gauteng
  • Vanaf R1 200 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Mooiplasie Bush Camp is 'n selfsorg-instansie in die nuwe, bekroonde Dinokeng Groot 5 Wildreservaat, net 'n kort entjie noord van Pretoria af.

Ons bied verskeie verblyf-opsies in 'n slaapsaal, rondawels en chalets. 'n Verskeidenheid doendinge is beskikbaar op ons perseel en op die nabygeleë eiendomme. Ons hoop om jou sommer binnekort hier te kan verwelkom.

Let daarop dat die pad na Mooiplasie 'n grondpad is wat gereeld onderhou word.

Mooiplasie is een van die min eiendomme in Dinokeng met 'n eg Afrikaanse naam. Die trotse eienaars, Bert en Betsie Van Graan, het Mooiplasie vernoem na die gewilde piekniekplek in die Krugerwildtuin naby die Mopanikamp waar hul gedurende die dag ontspan en wild gekyk het.

Mooiplasie, wat op 'n klipbank geleë is, was aanvanklik 'n naweek-wegbreekplek vir gesinne en vriende, maar het oor die laaste 12 jaar in 'n volwaardige selfsorg-onderneming ontaard. Ons is veral gewild onder gesinne, skool- en kerkgroepe en sake-ondernemings wat wegbreke, opleidingsessies en konferensies beplan.

Ons maak ook voorsiening vir klein troues van tot en met 100 gaste.

Bloed, sweet en trane het Mooiplasie 'n unieke plek gemaak aangesien Bert en Betsie, te danke aan 'n paar helpers, dit oor die jare in 'n ontspanne en rustige wegbreekplek omskep het.

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
Swembad
Mooi uitsig

Resensies

4.5/ 5

Gebaseer op 165 resensies

Uitstekend

Netheid
4.6
Ligging
4.4
Waarde vir geld
4.3
Diens
4.6
Veiligheid
4.7
Gaste se hoogtepunte
Karen T
Saam met lewensmaat
5.0
'n Heerlike wegbreek. Stilte en vrede omring mens. Mooiplasie is pragtig. Mens word omring deur stilte en vrede. Die gasvrou is baie verwelkomend en a...
Sien meer
Sep 2025
Pieter S
Saam met lewensmaat
5.0
'n Heerlike wegbreek uit die stad op ons drumpel. Ek en my vrou het ons tydjie by Mooiplasie baie geniet. Die paar dae se rustigheid was net wat ons n...
Sien meer
Aug 2025
Jeanne-mari V
Saam met lewensmaat
5.0
Baie lekker. Lekker gebly. Eienaars is gasvry en vriendelik. Kan beslis aanbeveel.
Jul 2025
Rikus N
Saam met lewensmaat
5.0
Ongelooflik mooi. Ons het ongelooflik lekker gekuier in 'n mooi plek.
Jun 2025
Richard S
Gesin met klein kinders
5.0
In die bos, sielkos. Amazing still family time.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Mrt 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.5/5

Betsie Geverifieer

Eiendomme 9

Resensies 180

Op LekkeSlaap 13 jaar

Ligging

  • Dinokeng Big Five Game Reserve, 15 Hartebeestfontein, Pretoria, 0400, Gauteng
  • Gaste dink Mooiplasie Bush Camp het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 1 200
per nag, vir 2 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 1 200
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R 1 200
per nag, vir 2 mense
Bespreek
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Dinokeng Big Five Game Reserve, 15 Hartebeestfontein, Pretoria, 0400, Gauteng
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA3e479778e6aa580475340830a462f96dfaa6fcf042a8b51a61006f57a0542cf07bc47c418057ddf5a6fc2db880716f078cba?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 200 per nag, vir 2 mense 165 5 1 5 Dinokeng Big Five Game Reserve 15 Hartebeestfontein 0400 Gauteng 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -25.39398 28.41744

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang