Successfully reported
+17

Mountain Breeze Self-catering

Selfsorg
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Marina Drive, Fleur Park, Gordon's Bay, 7140, Wes-Kaap
  • Vanaf R2 994 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Mountain Breeze Self-catering is 'n lieflike en ruim selfsorgvakansiehuis wat ideaal geleë is in die hartjie van die Fleur Park-kompleks in Gordonsbaai. Hierdie huis kan 'n wonderlike opsie wees vir 'n kuswegbreek, want dit is stapafstand van die strand af.

Dié eiendom bied gerieflike slaapplek vir 6 gaste op 'n slag en beskik oor 3 slaapkamers en 2 badkamers. Al 3 slaapkamers is ingerig met 'n dubbelbed; net die hoofslaapkamer het egter lugversorging en beskik oor 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die tweede badkamer het ook 'n stort. Alle linne word voorsien; gaste word egter verplig om hul eie handdoeke saam te bring.

Die oopplan-leefarea beskik oor 'n kombuis wat volledig toegerus is met 'n gasstoof, elektriese oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware asook 'n ontbyttoonbank met stoele. Vir gaste se gerief is 'n skottelgoedwasser ook beskikbaar. Van die kombuis af lei 'n etenstafel met oorgenoeg sitplek en 'n sitkamer met gemaklike rusbanke en 'n platskerm-TV.

Hierdie spasie het ook lugversorging en 'n binnebraai. Deur die skuifdeure is 'n sonnige patio met buitesitplek onder 'n sambreel en ekstra braaigeriewe wat 'n wonderlike plek is vir 'n skemerkelkie in die aand.

Kamer-opset

3 Slaapkamers 2 Badkamers, 1 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Dubbelbed

Stort, Toilet

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Badkamer

Stort, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
TV
Lugversorging
Volledige kombuis
Braai

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.5/5

Noelene Geverifieer

Eiendomme 20

Resensies 18

Op LekkeSlaap 6 jaar

Ligging

  • Marina Drive, Fleur Park, Gordon's Bay, 7140, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 2 994
per nag (plek vir 6)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 2 994
per nag (plek vir 6)
Vanaf
R 2 994
per nag (plek vir 6)
Bespreek
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Marina Drive, Fleur Park, Gordon's Bay, 7140, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA8050bc0c747df6be4c9c378e41d483bee0bce6ff56829714f2fb3502ad629b55b874a09c234e15eca8d104defdb313dd38a4?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 994 per nag (plek vir 6) Marina Drive Fleur Park 7140 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -34.152125 18.859964

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang