Successfully reported
+8

Mountainside Guest Suite

  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 2 persone
  • Geen kinders onder 10
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 30 Carletta Street, Paarl, 7646, Wes-Kaap
  • Vanaf R995 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Hierdie sentraal geleë gastesuite het 'n uitstekende posisie hoog teen die hange van Paarlberg en is die perfekte basis vir jou Kaapse Wynland-verblyf. Dit is in die eienaar se woning met sy eie ingang geleë en is ideaal vir 'n oornagverblyf, sakereisigers of ontspanningsreise.

Mountainside Guest Suite is 'n bekoorlike eenslaapkamer-eenheid wat 2 gaste op 'n slag kan akkommodeer en is ingerig met 'n dubbelbed. Dit het 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en toilet. Linne en handdoeke word voorsien.

Die oopplan-eenheid met lugversorging beskik oor 'n kombuisie wat toegerus is met 'n yskassie, mikrogolf, basiese eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe. Daar is ook 'n TV met toegang tot Netflix, en gaste het toegang tot gratis WiFi. Gaste kan van die aangewese werkspasie gebruik maak.

Die afgesonderde sitarea buite nooi jou uit om jou oggendkoffie te geniet of aan die einde van die dag te ontspan met 'n skemerkelkie terwyl jy uitkyk oor die pragtige Paarlvallei en Drakensteinbergreeks.

Die eiendom het sonpanele en omskakelaars in geval van beurtkrag. Hierdie eiendom is naby verskeie winkelsentrums, restaurante en wynplase.

Kamer-opset

1 Slaapkamer 1 Badkamer, 1 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Dubbelbed

Stort, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wassery naby
TV
Lugversorging
Verwarmer
Voorsiening vir beurtkrag

Resensies

5/ 5

Gebaseer op 12 resensies

Ongelooflik

Netheid
5.0
Ligging
5.0
Waarde vir geld
5.0
Diens
5.0
Veiligheid
5.0
Gaste se hoogtepunte
L-J F
Besigheidsreis
5.0
A fantastic base from which to explore the area. My stay at the Mountainside Guest Suite was fantastic. Both Nicky and Daniel made me f...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Okt 2025
Marianna K
Saam met lewensmaat
5.0
Dit was vir ons ideaal geleë. Ons het lekker geslaap. Geen probleem. Ons het baie lekker gebly en sal dit beslis kan aanbeveel.
Apr 2025
Sherise A
Saam met lewensmaat
5.0
Awesome, will definitely recommend. Host very friendly and accommodating.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Mrt 2025
Petro B
5.0
Lekker gebly & geslaap! Pleasant stay in a lovely, safe area. Friendly host; clean and modern room. Parking on the premises. Good value...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Feb 2025
Manuela O
Saam met lewensmaat
5.0
Perfect. Very helpful and a quite nice room.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Jan 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

5/5

Nicola Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 12

Op LekkeSlaap 2 jaar

Ligging

  • 30 Carletta Street, Paarl, 7646, Wes-Kaap
  • Gaste dink Mountainside Guest Suite het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 995
per nag, vir 2 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 995
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R 995
per nag, vir 2 mense
Bespreek
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 2 persone
  • Geen kinders onder 10
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 30 Carletta Street, Paarl, 7646, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA6ec369fe2f22d6e03a2e10a0622cb96c5de1683b722053371455db27bd44edcfd363c5d33b7b7d0d6b5cdac7860aba3f22de?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R995 per nag, vir 2 mense 12 5 1 5 30 Carletta Street Paarl 7646 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-20:00 10:00 -33.730187836183 18.955384178386
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang