Nagenoeg Beach Cottage
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
- 
            
            
                Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
 Uitkloktyd: 10:00
- Adres: 50 Beach Road, Herold's Bay, 6615, Wes-Kaap
- Vanaf R2 800 per nag, vir 6 mense
Beskrywing
            Word wakker met die geluide van die see, Nagenoeg Beach Cottage is 'n bekoorlike selfsorgkothuis in die hartjie van Heroldsbaai. Dit is 'n wonderlike opsie vir 'n wegbreek op die Tuinroete aangesien hierdie eiendom net 20 m van die water af is.
Dié kothuis bied gerieflike slaapplek vir altesaam 6 gaste op 'n slag en beskik oor 3 slaapkamers en 'n badkamer. Die eerste slaapkamer is ingerig met 'n koningingrootte-bed, terwyl die ander 2 slaapkamers elk 2 enkelbeddens het. 'n Stort, wasbak en toilet is in die badkamer beskikbaar. Alle linne en badhanddoeke word voorsien; gaste moet egter hul eie strandhanddoeke saambring.
Die ruim leefarea beskik oor 'n kombuis wat volledig toegerus is met 'n stoof, oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware asook 'n koffiemasjien. Vir gaste se gerief is 'n skottelgoedwasser, wasmasjien en tuimeldroër ook beskikbaar. Vanuit hierdie kombuis lei 'n etenstafel waar gaste hul maaltye saam kan geniet. Die sitkamer is knus met gemaklike sitplek en 'n TV. Komplimentêre WiFi is beskikbaar.
Langs hierdie sitkamer is 'n sitarea waar gaste 'n oggendkoffie kan geniet. Hierdie spasie maak oop op 'n houtdek met sitplek en 'n draagbare braai wat die perfekte plek is vir 'n skemerkelkie in die aand terwyl dit oor die see uitkyk. Die ligging van hierdie eiendom is ongeveer 10 km vanaf George Lughawe, 18 km vanaf die stad George en 3 km vanaf die bekende Oubaai Gholfbaan.
        
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
5/5
Johan Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 1
Op LekkeSlaap 1 jaar
Ligging
- 50 Beach Road, Herold's Bay, 6615, Wes-Kaap
- Gaste dink Nagenoeg Beach Cottage het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
- 
                                
                                    
                                
                                
                                    Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
 Uitkloktyd: 10:00
- Adres: 50 Beach Road, Herold's Bay, 6615, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang