Nambiti Plains
- Kapasiteit: 14 persone
- Geen kinders onder 10
-
Inkloktyd: 12:00 tot 14:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Nambiti Game Reserve, Elandslaagte, Ladysmith, 3370, KwaZulu-Natal
- Vanaf R10 500 per nag, vir 2 mense
-
TGCSA-gradering:
Beskrywing
Nambiti Plains is 'n eksklusiewe, intieme lodge in die hartjie van die malaria-vrye Nambiti Wildreservaat. Dit spog met panoramiese uitsigte oor die oop vlaktes.
Dié ongerepte 8900 ha-reservaat het natuurlike waterbronne en 'n pragtige waterval langs die Sondagsrivier wat dit 'n unieke toevlugsoord maak.
Verblyf is in 3 wittebroodsuites en 4 luukse suites beskikbaar. Elke suite spog met 'n skuifdeur wat tot by die dak strek en 'n 180°-uitsig oor die vlaktes bied. Elke suite het 'n oopplan-badkamer met 'n groot klipbad en van die suites het ook lugversorging en buitestorte. Ander geriewe sluit tee- en koffiemaakgeriewe, tuisgebakte koekies, Franse dompelpotkoffie, yskassies, haardroërs, wasgoedmandjies en privaat kluise in. Elke suite het 'n ekstra lang koninggrootte-bed wat in 2 enkelbeddens omskep kan word.
Die lodge spog met groot klipkaggels en 'n versteekte swembad waar die olifante gereeld kom water drink. Die dek strek reg rondom die lodge en gaste kan die wild dophou wanneer hulle by die watergat voor die lodge kom drink.
Nambiti Plains bied daagliks 2 wildritte en ekstra uitstappies, soos erfenistoere, is beskikbaar.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.8/5
Magdel Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 4
Op LekkeSlaap 12 jaar
Ligging
- Nambiti Game Reserve, Elandslaagte, Ladysmith, 3370, KwaZulu-Natal
- Gaste dink Nambiti Plains het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 14 persone
- Geen kinders onder 10
-
Inkloktyd: 12:00 tot 14:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Nambiti Game Reserve, Elandslaagte, Ladysmith, 3370, KwaZulu-Natal
-
TGCSA-gradering:
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang