Successfully reported
+94

Nerf-af Cottage and Rooms

Op die Nippertjie-aanbod 15% af

Kry 15% af op alle besprekings wat 7 dae of minder voor jou verblyf gemaak word. Hierdie aanbod is altyd geldig.

  • Soos Gesien op Facebook
  • Kapasiteit: 9 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 14 Bosplasie Crescent, Onrus River, Onrus, 7201, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 100 R935 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Nerf-Af Kamers en Kothuis bied luukse verblyf in Onrusrivier, 'n kusdorpie in die prentjiemooi Overberg. Die Kothuis is ideaal vir 'n gesin. Onrusrivier is net 'n paar minute van Hermanus af tussen berge, riviere, strandmere en die turkooisblou-oseaan en is naby die bekende Hemel-en-Aarde-vallei, die Whale Coast-inkopiesentrum en bekende restaurante in die omgewing.

Nerf - Af Kamers en Kothuis bied verblyf aan in 'n nuutgeboude, moderne Huis en Kothuis. Daar is twee privaat en-suite slaapkamers in die hoofhuis; die king's en die queen's-kamers. Elk met 'n privaat ingang en stoepie.

Die kothuis se dekor is hoofsaaklik eklektiek, met oud en nuut gemeng en baie smaakvol. Serina is 'n dekor-stilis. Die kothuis beskik oor 2 slaapkamers wat slaapplek aan 4 volwassenes en 1 kind bied. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens wat as 'n koninggrootte-bed opgemaak kan word. Die leefarea het twee dagbeddens en bied ideale slaapplek aan 'n kind.

Daar is 'n gasstoof met 'n elektriese oond, mikrogolf, en 'n yskas in die kombuis. 'n Skottelgoedwasser is beskikbaar vir groter gesinne. Daar is ook 'n kaggel in die leefarea. 'n Gemakstoel en twee dag beddens bied gerieflike sitplek aan in die leefarea. Die eetarea het 'n eetkamertafel waarby 6 persone gemaklik kan aansit. 'n TV met DStv en 10mbps WiFi is beskikbaar. Die oopvoudeure in die leefarea maak oop na die stoep met 'n braai-area. Die openbare speelpark vir kinders langs die huis is maklik toeganklik met 'n hekkie vanaf die eiendom.

Die 2 luukse, individuele en suite-kamers in die hoofhuis, is elk uniek gemeubileer en het elk 'n privaat ingang en hul eie badkamer en stoepie. Ideaal vir 'n romantiese wegbreek vir 2 persone. Gaste het 'n uitsig oor die privaat tuin en die berg vanaf die stoepie. Hierdie twee kamers kan saam met die kothuis bespreek word, om dit geskik te maak vir groter groepe van 10.

Onrus het 'n baie gewilde kuspaadjie langs die see en die strandmeer, asook kronkelende voetpaadjies onderdeur melkhoutbome. Die bekende Davie's en Jan Rabe-rotspoele is baie gewild vir swem en snorkel.

Onrus se Blouvlagstrand lok duisende branderplankryers oor die wêreld. Ander nabygeleë aktiwiteite sluit in, walviskyk, haaihokduik, hengel, fietsry, wynproe- en voetslaanroetes.

Hermanus is slegs 5km vanaf Onrusrivier geleë. Bekende restaurante en wynproe-geleenthede in die Hemel-en-Aarde Vallei, maak die omgewing baie gewild. Kuns en kultuur vorm 'n groot deel van hierdie kusstreek.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wassery naby
Mooi uitsig
Openbare vervoer naby
Vervoerdienste

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 80 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.9
Diens
4.9
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Jon O
5.0
Lovely stay. Wonderful stay, great room with all that you need, good location.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Okt 2025
Melanie L
5.0
The 'Nerf-af' effect: Our perfect cottage stay. Our recent stay at Nerf-af Cottage was an absolute dream from start to finish. From the...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Okt 2025
Santie V
Saam met vriende
5.0
Nerf-af Cottage and Rooms is tops! Die verblyf by Nerf-af Cottage and Rooms was uit die boonste rakke! Die gasheer en gasvrou is vriendelik en behulps...
Sien meer
Sep 2025
Emma V
Gesin met tieners
5.0
Heerlike. Baie lekker, ons sal weer daar bly.
Aug 2025
Chumani N
Gesin met klein kinders
5.0
The cottage feels like a home away from home. The place is beautiful and well taken care of. Our stay was wonderful. We had such a grea...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Aug 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.9/5

SERINA Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 80

Op LekkeSlaap 7 jaar

Ligging

  • 14 Bosplasie Crescent, Onrus River, Onrus, 7201, Wes-Kaap
  • Gaste dink Nerf-af Cottage and Rooms het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Toeganklikheid

Rolstoelvriendelike parkeerplek
Vanaf R1 100
R 1 100 R 935
per nag, vir 2 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf R1 100
R 1 100 R 935
per nag, vir 2 mense
Vanaf R1 100
R 1 100 R 935
per nag, vir 2 mense
Bespreek
  • Kapasiteit: 9 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 14 Bosplasie Crescent, Onrus River, Onrus, 7201, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAfae2768a1bb88e692faf2ac5f4af1789139f6d2dcb21c030ae3f4a499ddeb68a846591a4dcea333b2166c2982141ab853897?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R1 100 nouVanaf R935 per nag, vir 2 mense 80 5 1 5 14 Bosplasie Crescent Onrus River 7201 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-18:00 10:00 -34.41108 19.18541
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang