Successfully reported
+31

Olyf Takkie

  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 17 Weideman Street, Beaufort West, 6970, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 080 per nag, vir 4 mense

Beskrywing

Olyf Takkie is 'n smaakvolle eenheid in Beaufort-Wes wat gerieflike verblyf aan 'n gesin of sakereisigers bied.

Die eenheid het 2 slaapkamers met 'n dubbelbed in elk. Daar is ook 'n dubbelslaapbank wat addisionele slaapplek bied aan groter gesinne.

Daar is 'n gerieflike badkamer met 'n instapstort, wasbak en 'n toilet. Handdoeke word voorsien.

Die eenheid bied ook 'n privaat braai-area met 'n tafel en stoele, braaigeriewe met 'n rooster en die nodige braaitoerusting.

Die kombuis is met 'n groot yskas-vrieskas, mikrogolfoond, lugbraaier, tweeplaatstoof, ketel, broodrooster en alle eetgerei toegerus. Daar is ook 'n tafel en stoele.

Verder het die eenheid lugversorging, 'n TV met 'n groot verskeidenheid sport-, fliek- en ander kanale (Netflix, YouTube en sekere DStv-kanale) en gratis vesel-internet. Die internet sal steeds beskikbaar wees gedurende beurtkrag.

Veilige parkeerplek is agter 'n geslote hek met 'n alarmstelsel beskikbaar.

Kamer-opset

1 Slaapkamer 1 Leefarea 1 Badkamer

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Leefarea

4

1 x Dubbelbed

1 x Dubbelslaapbank

Badkamer

Stort, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
TV
Lugversorging
Volledige kombuis
DStv
Stroomdienste
Braai
Voorsiening vir beurtkrag

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 206 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
4.9
Waarde vir geld
5.0
Diens
5.0
Veiligheid
5.0
Gaste se hoogtepunte
Mark W
5.0
Sal weer kom. Hierdie plekkie is regtig waarde vir geld. Dis pynlik netjies en baie prakties ingerig.
Okt 2025
Susna B
Gesin met klein kinders
5.0
Definitief die plekkie om te kies. Perfekte oornagkamers! Alles soos geadverteer en selfs meer.
Okt 2025
Mache S
Gesin met klein kinders
5.0
Skoon, netjies, veilig, vriendelik, persoonlik, huis weg van huis. Baie lekker gebly. Alles wat ons nodig gehad het.
Sep 2025
Shirley V
Saam met lewensmaat
5.0
Lieflike plek. Ons het baie lekker oornag. Die bed is gerieflik, die gasheer baie behulpsaam en vriendelik, en die WiFi lekker sterk. Ons het veral di...
Sien meer
Sep 2025
Tian V
Gesin met klein kinders
5.0
Amazing. Welcoming and great service from the host. Great overnight stay in Beaufort West.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sep 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

5/5

Deon Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 206

Op LekkeSlaap 2 jaar

Ligging

  • 17 Weideman Street, Beaufort West, 6970, Wes-Kaap
  • Gaste dink Olyf Takkie het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Toeganklikheid

Inrolstort
Badkamer sonder trappe
Slaapkamer sonder trappe
Vanaf
R 1 080
per nag, vir 4 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 1 080
per nag, vir 4 mense
Vanaf
R 1 080
per nag, vir 4 mense
Bespreek
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 17 Weideman Street, Beaufort West, 6970, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAd71c3f071dfdeb625714d1030f16c2dfb390553d22eb84bbaa60012ee003139fa41741e9927065cf4ac7e2917a0afce93734?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 080 per nag, vir 4 mense 206 5 1 5 17 Weideman Street Beaufort West 6970 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-23:00 10:00 -32.355051393958 22.60141029954
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang