On Top @ Paardeberg
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
- 
            
            
                Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
 Uitkloktyd: 10:00
- Adres: Vryguns Road, Farm Annex Brouwers Kloof, Malmesbury, 7300, Wes-Kaap
- Vanaf R2 500 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
            On Top @ Paardeberg is 'n lieflike selfsorghuis geleë op 'n werkende plaas, bo-op Paardenberg, buite Malmesbury. Dit is ideaal vir vriende en familie wat op soek is na 'n rustige en gerieflike wegbreek om te ontspan van die stad se gewoel. 
Die huis het slaapplek vir tot 6 gaste in 3 slaapkamers en 2 badkamers. Twee van die slaapkamers is ingerig met 'n dubbelbed, terwyl die derde slaapkamer 2 enkelbeddens het. Die eerste slaapkamer het toegang tot 'n en suite-badkamer, terwyl die ander slaapkamers van 'n gedeelde badkamer gebruik maak. Albei badkamers is toegerus met 'n bad, stort, wasbak en toilet. Linne en badhanddoeke word voorsien. 
Die kombuis is toegerus met 'n yskas-vrieskas, gasstoof, oond, eetgerei en breekware en tee- en koffiemaakgeriewe. Die leefarea is ingerig met 'n binnebraai, 'n etenstafel en gemaklike rusbanke. Toegang tot Wi-Fi is beskikbaar. 
Gaste kan 'n houtvuur-bubbelbad, 'n onderdakstoep met sitplek, 'n braai en panoramiese uitsigte oor die omgewing geniet. Dié eiendom is sowat 29 km van Malmesbury af waar gaste geriewe soos winkels en restaurante kan geniet. Buurdorpe soos Paarl is ongeveer 30 km ver. Jy sal 'n voertuig met hoër grondvryhoogte benodig aangesien die eiendom bo-op 'n berg geleë is, nie nodig vir 'n 4x4 nie, maar beslis 'n voertuig met hoër grondvryhoogte.
        
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.9/5
Roelof Nuut op LekkeSlaap!
Eiendomme 1
Resensies 7
Op LekkeSlaap 8 maande
Ligging
- Vryguns Road, Farm Annex Brouwers Kloof, Malmesbury, 7300, Wes-Kaap
- Gaste dink On Top @ Paardeberg het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
- 
                                
                                    
                                
                                
                                    Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
 Uitkloktyd: 10:00
- Adres: Vryguns Road, Farm Annex Brouwers Kloof, Malmesbury, 7300, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang