Successfully reported
+29

Oppi See

Spesiale Aanbod 10% af

Kry 10% af. Geldig vir verblyf vanaf 1 Nov 2025 tot 27 Nov 2025.

  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 13:00 tot 14:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 21 Carina Road, Southern Cross, Great Brak River, 6525, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 200 R1 080 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

Oppi See is 'n lieflike tweeslaapkamer-eenheid in die Groot-Brakrivier en is gerieflik gemeubileer vir 'n gesin van 4. Hier kan jy aan die slaap gesus word deur die geluid van die see, en vroegoggend sal jy die dolfyne sien speel in die branders. Jy kan maklik hul manewales vanaf die eenheid se balkon dophou. Gedurende Augustus tot September kan walvisse reg voor die huis gesien word.

Die riviermond is 'n gewilde visvang- en swemplek, veral vir die kleintjies. Die eenheid is op die boonste verdieping geleë. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed, terwyl die tweede kamer 2 enkelbeddens het. 'n Badkamer met 'n stort word tussen die kamers gedeel.

Die kombuis is volledig toegerus vir selfsorg met 'n stoof, sowel as 'n mikrogolfoond, en maaltye kan by die etenstafel of buite op die balkon geniet word. Daar is 'n lieflike lapa en braai perfek vir kuier. Die sitkamer is toegerus met 'n TV en DStv EasyView. Gaste is welkom om hul eie dekodeerder saam te bring. Die sitkamer maak ook oop op 'n balkon wat 'n uitsig oor die see het. Daar is trappe en 'n balkon so klein kinders moet onder toesig wees.

Oppi See is net 150 meter van die see af geleë. Die swemstrand het altyd lewensredders gedurende seisoen. Die eenheid is net 'n kort entjie se ry, sowat 2 km, vanaf 'n Spar met 'n Tops-drankwinkel, Wimpy, die gewilde kroeg De Dekke en meer. 'n Verskeidenheid besienswaardighede en doendinge kan in die omgewing geniet word, soos visvang (van die strand af of diepsee-hengel vanaf Mosselbaai), bergstap, seilplankry in Wildernis, die Kangogrotte in Oudtshoorn, die aarbeiplaas in George, en meer .

Groot-Brakrivier is sentraal geleë tussen Mosselbaai hawe, Hartenbos met die ATKV en al sy lekker aktiwiteite en George. Kom skop jou skoene uit en stap langs die pragtige, stil strand!

Ongelukkig word geen troeteldiere toegelaat nie.

Kamer-opset

2 Slaapkamers 1 Badkamer

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Badkamer

Stort-oor-bad, Bad, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wassery naby
Mooi uitsig
TV
Volledige kombuis
DStv
Braai

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 66 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
5.0
Waarde vir geld
4.9
Diens
5.0
Veiligheid
5.0
Gaste se hoogtepunte
Elrina N
Gesin met tieners
5.0
Gerieflike verblyf vir 'n gesin met tieners. Ons het vreeslik lekker gebly. Alles wat mens nodig het, was daar. Elsabe was 'n uitstekende gasvrou. Ons...
Sien meer
Jul 2025
Liesl W
Saam met lewensmaat
5.0
Elsabe is 'n ongelooflike gasvrou wat uit haar pad gaan om te help. Een van die beste selfsorg eenhede ooit met 'n wonderlike gasvrou.
Apr 2025
Jaco C
Gesin met klein kinders
5.0
Baie lekker gebly, baie dankie! Baie goeie ligging en pragtige uitsig.
Mrt 2025
Sonnet V
Saam met lewensmaat
5.0
Stunning uitsig! Stunning plek, pragtige seeuitsig vanuit kamers en die balkon. Naby om see toe te stap. Gasvrou so vriendelik en blyplek alles wat jy...
Sien meer
Mrt 2025
Cor V
Saam met lewensmaat
5.0
Great gewees. Baie lekker gebly, baie mooi en netjies.
Nov 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

5/5

Elsabe Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 66

Op LekkeSlaap 8 jaar

Ligging

  • 21 Carina Road, Southern Cross, Great Brak River, 6525, Wes-Kaap
  • Gaste dink Oppi See het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 200
R 1 200 R 1 080
per nag (plek vir 4)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf R1 200
R 1 200 R 1 080
per nag (plek vir 4)
Vanaf R1 200
R 1 200 R 1 080
per nag (plek vir 4)
Bespreek
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 13:00 tot 14:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 21 Carina Road, Southern Cross, Great Brak River, 6525, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAABGJcqBGgVFtHC7djIhtopvu6fVQ2niknxZzxpKAOEz31tUT9Yr?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R1 200 nouVanaf R1 080 per nag (plek vir 4) 66 5 1 5 21 Carina Road Southern Cross 6525 Wes-Kaap 021 201 8901 13:00-14:00 10:00 -34.057694780086 22.227177775463

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang