Successfully reported
+22

Orange Guestfarm

Gastehuis
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 45 Main Street, Augrabies, 8874, Noord-Kaap
  • Vanaf R545 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Orange Guestfarm is op 'n kleinhoewe in Augrabies en bied verblyf aan 'n gesin of groep vriende. Dit is naby verskeie winkels, restaurante, aktiwiteite en besienswaardighede.

Hierdie gastehuis beskik oor 4 slaapkamers en dit kan as ’n geheel vir ’n groot gesin of groep bespreek word. Die eerste slaapkamer het ’n dubbelbed en ’n aparte, privaat badkamer met ’n stort, spa-bad, toilet en wasbak. Die tweede slaapkamer en derde slaapkamer het elk ’n dubbelbed en deel ’n abdkamer wat ’n bad, stort, toilet en wasbak het. Daar is ook ’n aparte gastetoilet. Die tweede slaapkamer se bed kan ook as 2 enkelbeddens opgemaak word. Die vierde slaapkamer het ’n dubbelbed en ’n privaat badkamer met ’n stort, wasbak en toilet.

Die gemeenskaplike sitkamer spog met gemaklike sitplek, 'n TV met OpenView-kanale en Netflix en 'n klein gimnasium waar gaste basiese oefeninge kan doen. Gratis WiFi en yskas is beskikbaar vir gaste. Die leefarea en slaapkamers het lugversorging.

Gemeenskaplike braaigeriewe is beskikbaar en gaste kan in die plaasdam swem. Hierdie gastehuis is met sonpanele en batterye vir beurtkrag toegerus.

Veilige parkeerplek word op die perseel voorsien.

Die Augrabieswaterval is net 12 km van die plaas af en gaste kan navraag doen oor aktiwiteite in die area.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad

Resensies

4.5/ 5

Gebaseer op 80 resensies

Uitstekend

Netheid
4.6
Ligging
4.1
Waarde vir geld
4.6
Diens
4.7
Veiligheid
4.5
Gaste se hoogtepunte
Hanlie S
Saam met lewensmaat
5.0
Gasvryheid soos jy nie baie kry nie: braaivleisvuur, vars mangosap, goeie gesels. Heerlike, luukse, netjiese blyplek. Aandag aan detail om vir gerief ...
Sien meer
Sep 2025
Buks V
Saam met lewensmaat
5.0
Uitstekend. Vyfstêr behandeling van mense wat moeite doen om die moeë reisiger te onthaal, net spyt dat ons nie langer gebly het nie. Synde ek ook 'n ...
Sien meer
Jun 2025
Lynette A
Saam met lewensmaat
5.0
Fantasties. Verblyf was goed. Eienaars vriendelik en behulpsaam.
Jun 2025
Cathrin M
Saam met lewensmaat
5.0
Skoon, netjies en vriendelike ontvangs. Heerlik geslaap, eenheid is netjies en skoon en ingerig met alles wat 'n oornag gerieflik maak!
Jun 2025
Lorraine W
Saam met lewensmaat
5.0
Baie aangenaam van ontvangs as jy daar aankom tot met die totsiens. Baie netjiese plek, mooi en skoon.
Apr 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.5/5

Henry Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 80

Op LekkeSlaap 4 jaar

Ligging

  • 45 Main Street, Augrabies, 8874, Noord-Kaap
  • Gaste dink Orange Guestfarm het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 545
per nag (plek vir 2)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 545
per nag (plek vir 2)
Vanaf
R 545
per nag (plek vir 2)
Bespreek
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 45 Main Street, Augrabies, 8874, Noord-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAc51566573cc3922b0bc142171ee5bfbd8d916233b25dbc8cc7396159eb3b7e430355dc0afdaa98a8f268d050dd2036744c57?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R545 per nag (plek vir 2) 80 5 1 5 45 Main Street Augrabies 8874 Noord-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -28.663292800161 20.419670641422
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang