Ou Kraal
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
-
Kapasiteit: 6 persone
4 volwassenes, 2 kinders - Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Karatara Road, Godsland Farm, Karatara, 6580, Wes-Kaap
- Vanaf R1 400 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
Ou Kraal is 'n bekoorlike kothuis op 'n werkende plaas in die Karatara-omgewing. Dit word omring deur die skilderagtige platteland, en bied ruim en gerieflike selfsorgverblyf. Die kothuis is ideaal vir 'n gesin of vriende wat op soek is na 'n rustige wegbreek ver van die stadslewe.
Dié kothuis beskik oor 2 slaapkamers met 'n dubbelbed in elk, terwyl die leefarea 'n kinderbank vir 2 het, sowel as 'n enkelbed. Die badkamer het 'n groot stort, toilet en wasbak.
Die oopplan-kombuis lei na die leefarea en is met 'n yskas-vrieskas, mikrogolfoond, oond, stoof, lugbraaier, eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe wat 'n filterkoffiemasjien en koffiekapsulemasjien insluit, toegerus. Die leefarea het 'n TV en gemaklike rusbanke.
Die kuierarea het 'n heerlike kaggel met sitplekke, 2 etenstafels, 'n snoekertafel, veerpyltjiebord, 'n tafeltennistafel en 'n Jacuzzi. Hierdie leefarea is vas aan die kothuis. Dit beskik ook oor 'n buitebraai-area. Die hoë dek is ook gewild om die pragtige sonsondergang in te drink en die voël- en dierlewe te besigtig. Die plaas beskik ook oor 5 wandelpaaie, 'n lekker plaasdam om in te swem en 'n piekniekarea by die stroom.
Gratis WiFi, veilige parkeerplek en braaigeriewe is beskikbaar.
Daar is 'n teerpad tot by Ou Kraal vanaf die N2. Sedgefield is ongeveer 15km ver, en die gewilde Garden Route Bike Trail is 9 km ver.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Leefarea
1 x Kinderbank vir 2
Badkamer
Stort, Toilet
Badkamer
Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
5/5
Tanja Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 25
Op LekkeSlaap 1 jaar
Ligging
- Karatara Road, Godsland Farm, Karatara, 6580, Wes-Kaap
- Gaste dink Ou Kraal het ’n uitstekende ligging
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
-
Kapasiteit: 6 persone
4 volwassenes, 2 kinders - Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Karatara Road, Godsland Farm, Karatara, 6580, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang