Pezulu Tree House Game Lodge
- Soos Gesien op Instagram
- Kapasiteit: 36 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Guernsey Road, Hoedspruit, 1380, Limpopo
- Vanaf R4 930 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Pezulu Tree House Lodge is 'n klein, eksklusiewe boomhuis-wildplaas in die Guernsey Private Natuurreservaat in Limpopo. Die lodge met 10 unieke boomhuise is lekker klein om die ervaring vir elke gas persoonlik te maak.
Pezula is gebou om die omgewing te vier. Elke boomhuis is tussen die boomtoppe gebou en verseker só dat natuur en gerief moeiteloos saamsmelt. Stewige houtpaadjies lei na die boomhuise en elke boomhuis het 'n groot balkon vanwaar gaste die troppe diere wat onder wei kan dophou. Elke eenheid het muskietnette, 'n waaier, 'n haardroër en koffie- en teemaakgeriewe.
Aandete en ontbyt is by die tarief ingesluit en word in die eetarea by die hooflodge bedien. Die hoofarea spog met 'n gaste-sitkamer en -kuierarea, 'n kurio-winkel, 'n boma, 'n boskroeg en 'n rotspoel met sonstoele.
Met 'n verskeidenheid ervarings en 'n ligging naby die Panoramaroete en die wêreldbekende Krugerwildtuin, is 'n besoek aan Pezulu Tree House Game Lodge iets wat gaste eenvoudig nooit sal vergeet nie.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.2/5
Pezulu Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 19
Op LekkeSlaap 12 jaar
Ligging
- Guernsey Road, Hoedspruit, 1380, Limpopo
- Gaste dink Pezulu Tree House Game Lodge het ’n baie goeie ligging
- Kapasiteit: 36 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Guernsey Road, Hoedspruit, 1380, Limpopo
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang