Successfully reported

Pinella and Castanea Farm Cottages

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 115 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.9
Waarde vir geld
4.9
Diens
4.7
Veiligheid
4.9
Lienkie S
Kort verblyf Saam met vriende
5.0
Okt 2025

Beautiful, beautiful, beautiful! Dit is 'n wonderlike plek om net af te skakel in die natuur en stilte. Castanea is ideaal vir twee families om te deel. Dis skoon en netjies en goed toegerus.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Dawie S
Kort verblyf Saam met vriende
5.0
Okt 2025

Gerieflik, skoon en in die natuur, kom ontspan net. Pinella was fantasties. Die slaapkamers en loft was groter as wat dit op die foto's gelyk het. Almal in ons geselskap was vol lof oor die verblyf. Die ligging was baie sentraal van alles af. Die area rondom die verblyf is pragtig. Dit het alles wat 'n mens nodig het vir 'n wegbreek. Ons gaan beslis oorweeg om terug te kom vir nog 'n kuier.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Nolte S
1 nag
5.0
Aug 2025

Hemel op aarde. Baie luuks, ongelooflike ligging. Sien sterre.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Henri D
Kort verblyf Gesin met tieners
5.0
Jul 2025

Fantasties! Die eenheid en omgewing is baie mooi. Ons gesin het die plek baie geniet. Die eenheid was skoon, netjies en die ligging is uitstekend.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Hanneke D
Kort verblyf Gesin met tieners
5.0
Jul 2025

Uit die boonste rakke! Fantastiese plek, heerlike 2 kaggels, gasvryheid en ligging perfek. Die plek is kunstig en keurig ingerig. Hoog aanbeveel! Die selfoonontvangs is wel nie altyd goed nie.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Janie K
Kort verblyf Gesin met tieners
5.0
Jul 2025

Vrede vir my siel. Dit was my tweede keer by Pinella, en hierdie keer het ek nie net verbygerij vir 'n troue nie, ek het gekom vir Pinella self. Ek het spesiaal teruggekeer met die doel om te rus en om asem te haal en weer te voel, en glo my, dit het my nie teleurgestel nie. Vanaf die oomblik wat jy by Pinella instap, word jy oorweldig deur vrede. Die natuur en woud omring jou, die huis is pragtig ingerig - stylvol maar warm. Dis die tipe plek waar jy jou skoene kan uitskop, 'n boek oopmaak en vergeet van die wêreld daar buite! Wat my besonders diep geraak het, is hoe die plek jou nie net fisies laat rus nie, maar innerlik ook.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Lani R
Kort verblyf Gesin met tieners
5.0
Jun 2025

Spesiale woudervaring. Wonderlike verblyf in 'n knus woudkothuis met kaggel, ekstra komberse en 'n lekker kuierstoep. Rustige omgewing waar jy veilig kan stap. Gerieflike ligging naby goeie restaurante. Mal oor die verbeterings wat aangebring is, veral die ekstra slaapkamer onder. Baie mooi! Puik waarde vir geld. Kos vir die siel.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Janie K
Kort verblyf Gesin met tieners
5.0
Jun 2025

Eks verlief op die plekkie! Ons het baie lekker gebly. Die plekkie is pragtig en so "cozy". Ek het dit baie waardeer dat daar elektriese komberse, "heaters" en 'n kaggel was. Ek was al by baie ander plekke in die winter waar ek baie koud gekry het, waar daar nie eers ekstra winters kombers was nie, so dit was vir my so bedagsaam dat hulle aan dit gedink het. Ek sal nooit weer iewers anders bly wanneer ek in Magoebaskloof se area is nie. Ek is verlief op die plekkie.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Chante K
Kort verblyf Saam met vriende
5.0
Jun 2025

Skoon, netjies en oulike blyplekkie. Ons was mal daaroor. Baie lekker gebly. Kombuisie is vol toegerus, warm beddegoed was beskikbaar en ons het net tuis gevoel.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Hernéne D
Kort verblyf
5.0
Mrt 2025

Rus en vrede tussen die mooiste bome. Ons het 'n wonderlike naweek in Pinella en Castanea gehad. Die huise is albei ingerig met alles wat nodig is. Pilot en Portia se vriendelike en hulpvaardige diens was 'n groot bederf.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.9/5

Iris Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 151

Op LekkeSlaap 9 jaar

Vanaf
R 1 300
per nag, vir 2 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie.

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 1 300
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R 1 300
per nag, vir 2 mense
Bespreek
  • Kapasiteit: 14 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Castanea and Pinella Farm Cottages, Portion 3, Farm Stampblokfontein, Magoebaskloof, 1018, Limpopo
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDhiNzVjMjg2LTQxNjktNDY5Yy04NmFlLWIzYTQzNjhmNjhhNA?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 300 per nag, vir 2 mense 115 5 1 5 Castanea and Pinella Farm Cottages Portion 3, Farm Stampblokfontein 1018 Limpopo 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -23.880984133639 29.98943567276
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang