Rest Ashored Self-catering
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
- 
            
            
                Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
 Uitkloktyd: 10:00
- Adres: Marina Drive, Fleur Park, Gordons Bay, 7140, Wes-Kaap
- Vanaf R3 695 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
            Rest Ashored Self-catering is 'n pragtige en ruim selfsorgvakansiehuis wat ideaal geleë is in die hartjie van die Fleur Park-kompleks in Gordonsbaai. Hierdie huis kan 'n wonderlike opsie wees vir 'n kuswegbreek, want dit is stapafstand van die strand af.
Dié eiendom bied gerieflike slaapplek vir 6 gaste op 'n slag en beskik oor 3 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer is ingerig met 'n koningingrootte-bed en beskik oor baie kasspasie asook 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die oorblywende 2 slaapkamers het elk 'n dubbelbed en deel die tweede badkamer wat 'n bad het. Alle linne word voorsien; gaste word egter verplig om hul eie handdoeke saam te bring.
Die oopplan-leefarea beskik oor 'n stylvolle kombuis wat volledig toegerus is met 'n gasstoof, elektriese oond, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware asook 'n ontbyttoonbank met stoele. Vir gaste se gerief is 'n skottelgoedwasser en wasmasjien ook beskikbaar. Van die kombuis af lei 'n etenstafel met oorgenoeg sitplek en 'n sitkamer met gemaklike rusbanke en 'n platskerm-TV.
Deur die skuifdeure is 'n toegeboude patio met 'n piekniektafel en 'n ingeboude braai wat 'n wonderlike plek is vir gaste om gehaltetyd saam te geniet. Langs hierdie spasie is 'n uitnodigende jacuzzi vir volle ontspanning.
        
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Badkamer
Bad, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.5/5
Noelene Geverifieer
Eiendomme 20
Resensies 18
Op LekkeSlaap 6 jaar
Ligging
- Marina Drive, Fleur Park, Gordons Bay, 7140, Wes-Kaap
- Gaste dink Rest Ashored Self-catering het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
- 
                                
                                    
                                
                                
                                    Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
 Uitkloktyd: 10:00
- Adres: Marina Drive, Fleur Park, Gordons Bay, 7140, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang