Successfully reported
+35

River Crossing

  • Kapasiteit: 20 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Portion 7 and 30 of Farm Cathkin, D277, Champagne Valley, Central Drakensberg, 3340, KwaZulu-Natal
  • Vanaf R1 300 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

River Crossing bied gerieflike selfsorgverblyf in Champagne Valley in Sentraal Drakensberg. Die perseel bied 'n rustige omgewing met panoramiese uitsigte op Cathkinpiek en Champagne Castle wat deel vorm van die Drakensberge. River Crossing is op 'n 40 ha-plaas langs die Sterkspruit- en Mtotiriviere geleë en gaste kan langs die rivier gaan stap, voëls kyk en soms ook die rietbokke, bosbokke en duikers te siene kry.

Verblyf word in 10 en suite-slaapkamers gebied. Elke kamer is toegerus vir selfsorg, behalwe die 2 semi-selfsorgkamers in die hoofvilla.

Villa Venezia en Villa Romanza is 2 villas wat in 2 aangrensende, maar aparte, tweeslaapkamersuites verdeel is. Elke suite beskik oor 2 slaapkamers, sy eie privaat ingang en 'n oopplan-sitarea, -eetarea en -kombuis. Daar is 'n TV met sekere DStv-kanale in die sitarea. Draagbare braaigeriewe is beskikbaar.

Villa Adamo bied 2 en suite-slaapkamers wat elk 'n yskassie, TV met sekere DStv-kanale, en 'n privaat stoepdeur het. Gaste wat hiér bly het toegang tot braaigeriewe, eetgerei en breekware. Gaste kan ook op die lapa onder die dak ontspan.

Die lapa het 'n mooi uitsig op die Drakensberge en het ook 'n swembad en ablusiegeriewe vir mans en dames. Die lapa het sitplek vir 70 gaste en is dus ideaal vir privaat funksies soos troues, reünies, klein konferensies en verjaardagpartytjies.

Besienswaardighede en doendinge in die omgewing sluit die Maloti Ezemvelo Natuurreservaat, voorheen bekend as Monks Cowl, die Falcon Ridge Roofvoëlsentrum, die Blue Grotto-staproete, visvang, helikopter toertjies, 4 Rivers-avonture, die Drakensberg Canopy-toere, perdry, gholfspeel en spa-besoeke in.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad
Troeteldiere op versoek

Resensies

4.4/ 5

Gebaseer op 15 resensies

Baie goed

Netheid
4.5
Ligging
4.5
Waarde vir geld
4.1
Diens
4.4
Veiligheid
4.8
Gaste se hoogtepunte
Martin H
Saam met lewensmaat
5.0
Sal hierdie plek definitief aanbeveel. Baie dankie. Ons het jou baie gepla toe ons verdwaal het en met elke oproep was jy vriendelik en behulpsaam. Ba...
Sien meer
Apr 2024
Hannelie C
Saam met vriende
5.0
Dankie vir die vriendelike ontvangs, het heerlik gebly. Kom graag weer! Baie lekker gebly, rustig, netjies, skoon en luuks met 'n pragtige uitsig! All...
Sien meer
Mrt 2024
Matthew S
Saam met lewensmaat
4.8
Excellent. We had a great time, very peaceful. Ryan is a really friendly and helpful host.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Jun 2025
Nthabiseng Julia M
Saam met lewensmaat
4.4
Peace of mind. We have enjoyed every minute.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Okt 2024
Rosa A
4.2
Peaceful. Tranquility in lovely surroundings.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Jan 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.5/5

Terrence Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 15

Op LekkeSlaap 5 jaar

Ligging

  • Portion 7 and 30 of Farm Cathkin, D277, Champagne Valley, Central Drakensberg, 3340, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink River Crossing het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 1 300
per nag, vir 2 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 1 300
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R 1 300
per nag, vir 2 mense
Bespreek
  • Kapasiteit: 20 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Portion 7 and 30 of Farm Cathkin, D277, Champagne Valley, Central Drakensberg, 3340, KwaZulu-Natal
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA99022e6842b528967acf89fe7e59f9e7233b38b11452cff5e2641e06057293914e2a667df9336e708ebc07826a1a270e2c8f?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 300 per nag, vir 2 mense 15 5 1 5 Portion 7 and 30 of Farm Cathkin D277, Champagne Valley 3340 KwaZulu-Natal 021 201 8901 14:00-18:00 10:00 -28.957143433467 29.475988681528

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang