Successfully reported
+35

River Crossing

  • Kapasiteit: 20 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Portion 7 and 30 of Farm Cathkin, D277, Champagne Valley, Central Drakensberg, 3340, KwaZulu-Natal
  • Vanaf R1 300 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

River Crossing bied gerieflike selfsorgverblyf in Champagne Valley in die Sentrale Drakensberge. Die eiendom bied 'n rustige omgewing met asemrowende panorama-uitsigte oor Cathkin Peak en Champagne Castle, wat deel vorm van die Drakensberg-bergreeks. River Crossing is geleë op 40 hektaar landbougrond, begrens deur die Sterkspruit- en Mtotirivier, waar 'n mens rivierwandelings, voëlkyk en af en toe die standhoudende rietbokke, bosbokke en duikers kan sien.

Verblyf word gebied in 10 en suite-slaapkamers. Alle kamers het toegang tot selfsorggeriewe, behalwe vir 2 semi-selfsorgkamers in die hoofvilla.

Villa Venezia en Villa Romanza is 2 villa's wat in 2 aangrensende maar aparte 2-slaapkamer-suites verdeel is. Elke suite beskik oor 2 slaapkamers en het sy eie privaat ingang, en 'n oopplan-sitkamer, -eetkamer en -kombuisie, met 'n TV met sekere DStv-kanale in die sitkamer. Gaste het toegang tot draagbare braaigeriewe.

Villa Adamo bied 2 en suite-slaapkamers, elk met 'n yskassie, 'n TV met sekere DStv-kanale en 'n privaat stoepdeur. Gaste in Villa Adamo het toegang tot braaigeriewe en eetgerei en breekware. Gaste is welkom om by die onderdak-lapa te ontspan.

Die lapa is geleë met 'n pragtige uitsig oor die Drakensberge, met die swembad wat voor dit geleë is. Die lapa het 'n dames en here ablusieblok. Die lapa kan 70 sittende gaste akkommodeer, en is ideaal vir privaat funksies soos troues, reünies, klein konferensies en verjaarsdagpartytjies.

Die omliggende area bied doendinge en besienswaardighede soos Maloti Ezemvelo Natuurreservaat, wat voorheen Monks Cowl was, Falcon Ridge Bird of Prey Centre, Blue Grotto Hike, visvang, helikopter flips, 4 Rivers Adventures, Drakensberg Canopy Tour, perdry, gholf en spa behandelings.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad
Troeteldiere op versoek

Resensies

4.4/ 5

Gebaseer op 15 resensies

Baie goed

Netheid
4.5
Ligging
4.5
Waarde vir geld
4.1
Diens
4.4
Veiligheid
4.8
Gaste se hoogtepunte
Martin H
Saam met lewensmaat
5.0
Sal hierdie plek definitief aanbeveel. Baie dankie. Ons het jou baie gepla toe ons verdwaal het en met elke oproep was jy vriendelik en behulpsaam. Ba...
Sien meer
Apr 2024
Hannelie C
Saam met vriende
5.0
Dankie vir die vriendelike ontvangs, het heerlik gebly. Kom graag weer! Baie lekker gebly, rustig, netjies, skoon en luuks met 'n pragtige uitsig! All...
Sien meer
Mrt 2024
Matthew S
Saam met lewensmaat
4.8
Excellent. We had a great time, very peaceful. Ryan is a really friendly and helpful host.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Jun 2025
Nthabiseng Julia M
Saam met lewensmaat
4.4
Peace of mind. We have enjoyed every minute.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Okt 2024
Rosa A
4.2
Peaceful. Tranquility in lovely surroundings.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Jan 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.5/5

Terrence Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 15

Op LekkeSlaap 5 jaar

Ligging

  • Portion 7 and 30 of Farm Cathkin, D277, Champagne Valley, Central Drakensberg, 3340, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink River Crossing het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 1 300
per nag, vir 2 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 1 300
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R 1 300
per nag, vir 2 mense
Bespreek
  • Kapasiteit: 20 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Portion 7 and 30 of Farm Cathkin, D277, Champagne Valley, Central Drakensberg, 3340, KwaZulu-Natal
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA99022e6842b528967acf89fe7e59f9e7233b38b11452cff5e2641e06057293914e2a667df9336e708ebc07826a1a270e2c8f?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 300 per nag, vir 2 mense 15 5 1 5 Portion 7 and 30 of Farm Cathkin D277, Champagne Valley 3340 KwaZulu-Natal 021 201 8901 14:00-18:00 10:00 -28.957143433467 29.475988681528

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang