Mads Place
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 2 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 35 Theron Crescent, Strand, 7140, Wes-Kaap
- Vanaf R680 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Mads Place bied gemaklike selfsorgverblyf in Strand en is 800 m van die naaste strand af.
Hierdie intieme oopplan-eenheid is langs die hoofhuis op die eienaar se eiendom geleë. Dit is ideaal vir 2 gaste en bestaan uit 'n slaapkamer, 'n badkamer en 'n kombuisie. Die slaapkamer is gemeubileer met 'n dubbelbed en het 'n elektriese kombers vir gemak in die winter, en die badkamer is toegerus met 'n stort, wasbak en toilet. Handdoeke word voorsien.
Die kombuis is toegerus met 'n induksieplaat, 'n yskas, 'n lugbraaier, 'n mikrogolfoond, 'n ketel, 'n broodrooster, eetgerei en breekware, asook gratis koffie, suiker en tee. Ontbyt is beskikbaar op aanvraag en teen ekstra koste met vooraf reëling.
Die eenheid sluit gratis WiFi in wat werk tydens beurtkrag en 'n TV met stroomopsies.
Die patio beskik oor braaigeriewe, en die eenheid is binne loopafstand van 'n winkelsentrum, plaaslike restaurante en wegneemeteplekke.
Veilige parkering agter hekke is beskikbaar. Daar is voldoende parkering vir 'n voertuig en 'n sleepwa.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Badkamer
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.8/5
Madalene Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 94
Op LekkeSlaap 3 jaar
Ligging
- 35 Theron Crescent, Strand, 7140, Wes-Kaap
- Gaste dink Mads Place het ’n uitstekende ligging
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 2 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 35 Theron Crescent, Strand, 7140, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang